Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Carla en Caroline Pattison

Carla en Caroline Pattison

Dorp: Midstream Centurion

Antwoord 1: Ons is diep verbind met mekaar. Sonder woorde kan ons weet wanneer die een 'n slegte of 'n baie goeie dag ervaar. Baie van ons sterkpunte is dieselfde soos om georganisserd te wees, te beplan, kreatiewe uitlating te soek en natuurlik mooi klere. Waar dit ons vroeer laat koppe stamp het, het dit ons nou nader aan mekaar gebring. Dis vir my baie spesiaal dat al studeer sy, ek haar nog elke dag kan sien en kan ervaar hoe sy groei en die grootmens wereld ontdek. Ons verhouding is spesiaal want ons is daar elke dag, deel van mekaar se lewe en mis mekaar wanneer die een weg is. Ons is mal oor tee, baie juwele, sjokolade en die buitelug. Dis ‘n voorreg om haar lewensvaardighede te leer en ek is dankbaar vir haar leiding in die snelveranderde tegnologiese lewe. Ons geniet al hoe meer dinge wat ons saamdoen. Caroline is die spreekwoordelike deel van my hart wat buite my lyf rondloop.

Antwoord 2: Ons hoërskooltyd was ‘n regte rollercoaster. Die tyd het in ‘n moeilike fase begin met die trek na ‘n nuwe area en skool aan die begin van graad 8. Kort daarna het die sluitingstye van Covid-19 plaasgevind en ons altwee met al die emosies van tienerwees en ma vir tieners in ‘n maalkolk van absolute chaos gedompel. Dit het gevoel of ons al die seer en lelik wat ervaar kon word met verandering, depressie en baie donkertye aanhoudend vir jare beleef het. Ons vehouding was moeilik en seer. Maar almal het baie hard gewerk om die trauma en emosies te verwerk en te bemeester. Tydens haar martriekjaar het al die harde werk en goeie kaarte in plek geval en ons het die beste jaar ooit beleef. Elke dag was ‘n intense dankbaarheid van hoe ver ons gekom het en die viering van haar laaste alles…en beste prestasie uitkoms waaroor ons net kon droom. Kommunikasiekanale het oopgegaan en emosionele konneksies het maklik gevloei. Ons is opgewonde oor wat vir ons verhouding voorlê.

Antwoord 3: Haal asem en moet nie alles so ernstig opneem nie. Wees altyd daar vir mekaar, deur die goeie en slegte dae. Lag! En kyk baie movies. Kommunikasie is belangrik, maar weet wanneer om mekaar net spasie te gee. Kom huistoe altyd en druk mekaar vas vir lank sodat julle kan resoneer. Maak vrede vinnig - jammer is goeie woord vir altwee, moet nooit kwaad gaan slaap nie. Drink saam tee, trek mooi aan en vier vandag,