Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Charlotte Lourens

Charlotte Lourens

Dorp: Hartbeespoort

Antwoord 1: Eerstens ons liefde vir mekaar!!!! Dit is next level en onbreekbaar! Ons werk saam by n skool. Marné is n onderwyseres en ek werk in die kantoor. Ons kan oor enige iets praat en ons deel dinge met mekaar wat pla. Of dinge wat hartseer maak. Maar ons deel ook gelukkige dinge. Ons doen die lewe saam as ma en dogter. Huil saam, uit die maag uit lag saam. Ons het n “motto” ons steek nie dinge vir mekaar weg nie en veral nie as ons mekaar kan help in n moeilike situasie nie. En ons twyfel nooit aan ons liefde vir mekaar as ma en dogter nie. Ons het n band sterker as sterk!!!

Antwoord 2: So rukkie terug is ek gediagnoseer met Lupus. En ek sou nooit daardeur gekom het of die nuus kon verwerk het as dit nie vir my dogter was nie. Haar woorde “ mamma moenie stress nie mamma gaan hierdeur kom dit is nie n doodsvonnis nie”. Aande en aande saam Gebid. Sy was saam my Dr toe en het my totaal en al hierdeur gedra en ondersteun. Vandag het ek geen simptome nie en is op geen medikasie nie behalwe vir die vit D wat ek eenkeer n week drink wat deur my Rhematoloog voorskryf word en help sy my op stress vlakke laag te hou deur n koffie date, want reg lewe en minder stress beteken geen flare ups.

Antwoord 3: Maak seker dat julle altyd oop en eerlik is mekaar. En dis ok om nie altyd saam te stem nie so groei mens ook. Huil saam, lag saam. Book spa dae. Gaan eet koek en drink koffie saam. Praat oor dinge wat pla. Vra raad! As dinge moelik raak en die lewe druk dan sê ek altyd vir my dogter “ onthou ons is ninja’s we got this”