
Dorp: Cape Town
Antwoord 1: Ek het my dogter, Alicia Erasmus, is baie na aan mekaar. Ons gesels elke dag met 'n oproep of boodskap. Ons vertel mekaar hoe ons dag was, as dit sleg was beur ons mekaar op en probeer altyd die positiewe in alles sien. Sy is ook nou 'n ma, so ja ek is 'n Ouma van twee kosbare kleintjies. Daniël word 4 en Anlia is 1 en half jaar oud. Ek spandeer baie tyd met my dogter en haar man Vincent, wat nes 'n seun is vir my. Hy is 'n wonderlike pa en man vir my dogter. So ons is 'n baie hegte famielie en ek het ook 'n seun. Ek en my dogter kan lag en gesels oor enige iets is net bemaklik met mekaar. Ons deel mekaar se klere of sal ek sê, sy leen dit en dit word hare LOL. Ons vra raad tov kleredrag uitrustings en ons albei is gespits om altyd goed te lyk. Na haar laaste swangerskap het sy weggespring om haar lyfie weer in tip top kondisie te kry. Ons is eerlik en opreg met mekaar en ons liefde vir mekaar is net iets op op trots te wees.
Antwoord 2: Ek is in 2023 geskei van my tweede man (na 13 jaar) en dit was 'n verskriklike moeilike tyd en baie seer omdat hy ontrou was. Ek was in stukke en het nie kans gesien om weer deur 'n skeisaak te gaan nie. Alicia het my ongelooflik bygestaan, gesorg dat ek elke dag okay is. Hulle almal was baie lief vir my man, so dit het 'n hele rippel effek gehad op ons almal. Haar ondersteuning en motiverende woorde en net om daar te wees vir my, was kosbaar. Ek dink nie ek sou dit gemaak het sonder haar liefde en omgee nie. Sy is sterker as wat ek gedink het. Baie trots op haar.
Antwoord 3: Kommunikasie is een van die belangrikste dinge in enige verhouding. Ons is bevoorreg dat ons min verskil op goed en indien ons opinies verskil, dan praat ons daaroor. Raak nooit kwaad of lelik met mekaar nie. Respek is baie belangrik. Ek as haar ma mag wyser wees, maar ek sal haar nooit onderskat nie, want ek was ook daar op haar ouderdom en ons almal gaan deur dieselfde uitdagings in die lewe. Sy is nou ook 'n ma en vrou en staan haar plek vol. Om altyd eerlik en opreg met mekaar te wees is regtig belangrik.