
Dorp: BLOEMFONTEIN
Antwoord 1: My ma is seker die coolste mammsa wat enige dogter voor kan vra. Ek was n laatlam en dit was n moeilike tyd waarin haar finansies dit glad nie maklik gemaak het. Sy was 39, my suster toe reeds 14. My pa werkloos maar hierdie vrou wat nooit ophou bid en posief bly het my die beste opvoeding gegee, nie finansieel maar aan haar liefde was nooit n tekort. Sy is fun, jonk van gees en n ystervrou. Sy het my deur universiteit met 3 werke, nooit gekla. By haar het ek uithoutvermoe, nederigheid en liefde geleer. Sy is altyd daar vir my ongeag die foute wat ek maak. Haar hart en huis is altyd oop vir my. My veilige hawe. Dankie mamma
Antwoord 2: My ouers is geskei en dit was baie sleg vir my. My ma het dit openlik met my berspreek en sy en my pa het alles moontlik gedoen om n goeie gesindheid te handhaaf en vandag nog is hulle goeie vriende. Nooit het ek gevoel ek moet kant kies. Ek dink die stabiliteit wat sy geskep het het my grootmens lewe defnitief gevorm.
Antwoord 3: Om altyd openlik en eerlik te wees al is dit nie maklik. Te weet te midde van al die storms in my groototword jare ek altyd alles met haar kon deel. My mentor. Saam te lag en huil.