Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Antoinette Williams

Antoinette Williams

Dorp: Marina beach

Antwoord 1: Ons 3 is soos vinkel en koljander niemand sal ons ooit kan verander. Kon net sowel n 3ling gewees het😂🤣Ons lag saam en huil saam. Die afstand tussen ons het ons net nader aan mekaar gebring. Gesels oor enigiets, lag vir als en nog wat, verstaan mekaar se denkwyse, het empatie en simpatie met mekaar. Ons lewe vir mekaar. Diepe waters geswem saam en staan bymekaar deur dik en dun. Liefde sonder perke vir altyd.

Antwoord 2: Met sterre in die oè het hulle die grootmens wereld aangepak, ons het saam gedroog oor eendag se sukses wat hulle sou behaal. Drome het in skerwe gespat agv die lewenspad wat nie vir hulle bedoel was nie. Hartseer en plat geslaan en verneder deur die lewe moes hulle weer opstaan en almal in die oe kyk en n ander lewenspad kies. Pappa en mamma het bystaan, saam gehuil, moed ingepraat en die kwaad saam verwerk. Hulle is trotse en saam sal ons als oorkom.

Antwoord 3: Glo en vertrou in jou kind. Wees bereid om deur vernedering en trotse prestasie daar te wees. Moenie kwaad raak as verkeerde besluite geneem is nie, wees ondersteunend en gee die nodige leiding. Liefde, geduld en baie aandag kos niks. Geen geld kan jou kind vervang nie. Maak nie saak wat hulle besluit of wat hulle is.