
Dorp: NELSPRUIT
Antwoord 1: Ons is mekaar se grootste ondersteuners en druk mekaar om die beste weergawe van onsself te wees. Ons lag saam, huil saam en is eerlik teenoor mekaar. Almal het "imperfections" en ons probeer mekaar sin verbloem.
Antwoord 2: Netbal was Amy se lewe (dit het haar "define") In G 9 speel sy provinsiaal en word gekies as A-Span Onder-Kaptein. Tydens een van die wedstryde beseer sy haar linker knieg (meniskus, ligamente, alles af) wat beteken dat sy 'n operasie moet ondergaan en 9 x maande se rehabilitasie moet doen. Sy is uit vir die seisoen. Sy werk hard en in Gr 10 probeer sy weer en maak B-Span vir die skool. Sy is verpletter en dis 'n baie donker tyd in haar lewe. Daar is 'n prentjie van God met 'n groot teddiebeer agter Sy rug en 'n dogertjie wat voor Hom staan met 'n klein beertjie. Hy sê vir haar "Give it to Me - Just trust Me". Ek en Amy bid aande om en ek herinner haar aan God se belofte. Sy gee nie op nie en haar droom is om in Gr 11 vir die Eerste Span te speel. Sy maak span en in haar heel eerste wedstryd beseer sy haar regter knieg!! Weer 'n operasie - 9 maande rehabilitasie en uit vir die seisoen. Eintlik uit vir die res van haar lewe!! Om my kind so te sien .... wat sê ek nou vir haar van die prentjie?? Sy begin modelwerk doen en 6 x maande later neem sy deel aan SACOPA (South African Championships for Performing Arts) Sy wen Grand Champion Overall en word gekies vir die Springbok span wat deelneem aan die World Championships in Junie in Las Vegas. Sy word ook "gescout" en gaan Februarie aan die Paris Fashion Week in Parys deelneem. Ons verhouding het so baie gegroei in hierdie seisoen van Amy se lewe. Ons kon dit nie toe sien nie, en het nie verstaan nie, maar God het Sy belofte gehou!!!
Antwoord 3: Ons is nie perfek nie, maar as ons kon raad gee sou dit wees om sag te wees teenoor mekaar. Enige ma is haar kind se grootste ondersteuner, maak nie saak wat hulle bereik ,of nie bereik, nie. Leef in dankbaarheid en koester die tyd wat julle saam het. Amy se gunsteling sê-ding is " Jy kry wat jy kry .... en wees bly"