
Dorp: Lichtenburg
Antwoord 1: Ek en my ma was nog altyd baie na aan mekaar en lief om dinge saam te doen. Sy was by met die geboorte van my oudste dogter, want my eks man wou nie by wees nie. Sy het albei my kinders opgepas tot hul oud genoeg was om kleuterskool toe gaan. Ek is al vir 10 jaar in n rolstoel en sy is altyd daar as ek haar nodig het. As sy siek is dan kom bly sy by my en versorg ek haar en as ek siek is kom versorg sy my! Ons deel ons geheime en hartseer en ja soms kan ons ook lekker baklei, maar ons bly nooit kwaad nie en lag 5 minute later weer lekker saam. Dit het ook sy uitdagings, want met ouderdom kom vergeetagtigheid en hoor ek stories oor en oor, maar ek het eendag iets moois gelees oor jou ma wat nooit kwaad geword het toe sy jou geleer het om dinge te doen nie en net daar het ek vir myself belowe ek sal altyd geduldig bly. Ons kom elke Maandag bymekaar dan speel ons speletjies tot my man se frustrasie. My man gaan elke maand Kaap toe vir besigheid en as ek gaan gaan sy saam. Ons kuier heerlik by ons huis of ons gaan stap, ja ek ry eintlik, en gaan drink koffie by n koffiewinkel of gaan winkelsentrum toe. Soms is dit n stories as die oprit te styl is, sy is 86 en ek effe oorgewig, dan spring sy in en help stoot, maar o wee dan kom ons nerêns en moet ons maar iemand nader wink vir hulp en so vorder ons maar lag lag saam. Ek is bevoorreg om my ma vir 55 jaar MA te kan noem.
Antwoord 2: Ek was in 2015 in n fiets ongeluk wat my verlam gelaat het. My ma was vir die eerste week elke dag langs my bed en het my ondersteun en moed ingepraat. Om dinge nog erger te maak is my pa is ook nog in dieselfde jaar oorlede en dit het vir my gevoel of my wêreld in mekaar val, maar sy het vir my gebid toe ek self nie kon nie. Ondanks als het sy sterk gestaan Sy het toe ek uit die rehabilitasie ontslaan is my kom help as my man moes wegwerk en sy het nooit laat blyk hoe seer sy het nie. Vandag kan ons saam huil as dinge vir my te veel word, saam bid en nou ook saam lag oor die einste dinge wat ek oor gehuil het en dan sê sy "ek het jou gesê jy kan dit doen"! n Ystervrou wat my geleer het dat ek nog soveel kan doen ondanks my situasie. Sy is my inspirasie en vandag leef ek n vol lewe saam met haar.
Antwoord 3: Onthou altyd die woorde" eer jou Vader en jou Moeder". Ons is almal net mens en soms is daar dinge wat pla, praat dit uit, want môre is nie gewaarborg nie, glo my ek weet. Wees geduldig met jou ma as sy dinge vergeet of vir jou n stories ses keer vertel, sy kan dit nie help nie. Wees lief vir mekaar, behandel mekaar altyd met respek en bly bid vir mekaar dit hou julle sterk.