Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Sinti Makkink

Sinti Makkink

Dorp: Pretoria

Antwoord 1: As jy nou al ooit 'n ma en dogter gesien het wat 'n koekie afdruk van mekaar is is dit ons twee. Ons spot altyd in die gesin dat ons dogter lyk soos pappa maar is soos mamma, ons seun lyk soos mamma maar is soos pappa. Regte "mini me's".... Maar dis wat ons verhouding so spesiaal maak. Ons albei kan sonder twyfel sê daar is niemand op hierdie aarde wat ons so goed ken en verstaan as wat ons mekaar verstaan nie. My dogter is nie net my hart wat buite my rond loop nie maar my hele menswees. Dis soms gevaarlik want ek sien ook my slegte gewoontes in aksie.... daai nat hande aan jou broek afdroog of die olywe uit die slaai bak steel.... en dan mag ek nie raas nie want mamma doen dieslefde... LOL. My man het op laerskool reeds vir sy pa gesê hy gaan eendag met my trou en die oomblik toe ek (daai jare nog st 6) in die hoërskool instap het hy seker gemaak ek is sy meisie, ons is kort naskool getroud en God het ons geseën met die pragtigste klein prinsessie. Min het ek geweet dat die klein mense my beste vriendin sou word. Van kleins af het sy soveel deernis gehad vir almal om haar, altyd haar klein boetie laat wen met speletjies, haar lekkers met pappa gedeel, speelgoed uitgedeel vir haar maats en het ek gewonder waar sy aan hierdie eienskappe kom. Net om te besef dis presies wat ek ook doen. Ons is versorgers en vind ons vreugde daarin om diensbaar te wees en ander gelukkig te maak. En netso weet ons ook presies hoe om mekaar se emmertjies vol te maak. Los maar die duur geskenke en maak vir mamma 'n beker koffie na 'n lang dag, of pak vir sus 'n lekker hoenderlsaai in haar kosblik. Dis daai klein dingetjies wat ons net van mekaar ken en waardeer wat die verskil maak. En boonop het sus toe ook haar kêrel in Graad 8 ontmoed en blom die liefde nog sterk tot in matriek, dalk is selfs dit 'n herhaling van ons liefdesverhaal....

Antwoord 2: As ma en dogter albei deur die loop van die Desember vakansie wens dat die skool moet begin dat ons weer ons "alleen tyd" in die kar oppad skool toe kan hê dan moet jy weet dis 'n "goeie tyd" vir ons! Dis nie een besonderse insident nie maar elke dag se spesiale dingetjies. Soms is dit opgewondenheid oor die matriekafskeid wat voorlê, lugkastele oor die toekoms of praatjies van verlief en verlore wees. Soms is dit galbraak oor 'n wiskunde toets of kollegas by die werk en ander tye lang trane oor harte wat seer is en emosies wat oorloop. Maar dis ALTYD goed vir ons, net om ons harte te kan deel en al die emosies te kan uitstort sonder bekommernis of oordeel. Om drome te kan deel sonder vrees en frustrasies te kan deurwerk en soms ook bietjie teregwysing te kan ontvang, nie net van ma na dogter nie maar ook heel dikwels dogter wat mamma bietjie herhinder om haar fokus weer reg te kry. Ek en my dogter het mooi nagedink oor wat ons hier moet skryf. Daar is so baie dinge, goed en sleg wat in mens se lewe gebeur waaroor mens hier kan skryf, maar ons het net gevoel dit wat ons verhouding die beste saamvat en beskryf is ons oomblike in die kar. Dikwels is mens so gejaagd en die fokus is net om betyds uit die huis te kom te jaag na waar mens moet wees, na die geblêr van die radio te luister of self op die foon te wees en mis mens uit op die kosbare geleentheid om regtig met mekaar te konnekteer. Die Here het ons waarlik geseën die dag toe ons besef hoe kosbaar hierdie oomblikke is. Ons sit meeste dae nie eers die radio aan nie. Ons gesles oor ALLES en klankbord situaies, gee mekaar raad en help mekaar baie dikwels om 'n ander perspektief of situasies te kry. Dis verseker meer effektief as enige beradings sessie en boonop gratis!. Ons verhouding het ongelooflik gegroei deur net met mekaar te kommunikeer. As ma het ek goeie insig op wat in my tiener dogter se lewe en hart aangaan en dit bied soveel geleentheid om 'n paar waardevolle lewenslesse in te werk. En terselfde tyd leer ek weer so baie by my dogter. Ek dink soms is ons as ouers so geneig om ons kinders te wil voorsê en nie die tyd te neem om werklik na hulle te luister nie. Ek is dikwels so verstom in my dogter se raad en wysheid as ons oor dinge geels en moes al telke male my denkwyse verander (ten goede) na my dogter se wyse insprake. Geselsies in die kar is verseker ons kosbaarste ma en dogter tyd en het ons so baie gehelp om mekaar te verstaan, te ken en te vertrou. Ons is mekaar se klankbord, steunpilaar, raadgewers, vertroosters en sommer net beste maatjies.

Antwoord 3: Die beste raad wat ek aan enige ma, of eintlik ouer kan gee is om tyd te maak en jou hart oop te maak om werklik na jou kind te luister. Goeie kommunikasie is die beste medisyne vir enige verhouding. Maar as ouers is ons geneig om te spesialiseer in die praat gedeelte en minder bereidwillig te wees in die luiter gedeelte, maar ons verwag dat ons kinders moet luister na alles wat ons sê. Vandat ek begin minder praat en meer luister het het my verhouding met albei my kinders maar veral my dogter baie verbeter. Sy het gevoel sy word gehoor en respekteer en dat haar opinie tel. Deur dit het sy ook geleer dat mamma meer dikwels as nie eintlik baie goeie raad het en dat sy maar met my kan deel sonder om bang te wees dat sy veoordeel of afgekjak sal word. Kry 'n spesifieke tydjie in elke dag wat net julle twee se tyd is. Al is dit net 20 min per dag maar sorg dat dit elke dag plaasvind en fokus daarop om vir mekaar te luister, dit doen wonders!