
Dorp: Pretoria
Antwoord 1: Ek het gesukkel om swanger te word en in 1988 bless Jesus my met n pragtige dogtertjie op 34 weke gebore. Vandag een was sy net n seen en my trots. Ons band was vir ewig gevorm en ons deel in mekaar se liefde en leed. Toe sy sukkel om swanger te word kon ek haar ondersteun en moed inpraat. Vandag is sy die mamma van die mooiste seuntjies.
Antwoord 2: Ek en Bianca se pappa is geskei toe sy 11 was. Alhoewel sy baie lief was vir hom het sy ons besluit soos n trooper hanteer. Daar was nooit verwyte of tiener probleme later nie. Ons huis was waar haar vriende veilig, geliefd en altyd welkom was. Ons is mekaar se grootste cheerleaders.
Antwoord 3: Om enige verhouding te laat werk verg die nodige respek en liefde. Ek is die een by wie sy kan kom afpak en ek sal luister en raad gee as daar gevra word en andersom. Ek is haar vriendin maar nie tjommie nie. Sy bly my kind en ek die ouer. Ek het selfs van Kaap verhuis na Pretoria omdat sy geen ondersteuning gehad het met die 2 seuntjies nie. Ons offer op maar die blessings is meer.