
Dorp: Morningside. GAUTENG
Antwoord 1: Rozanne 33, is my jongste van 2 dogters , sy Ma van 2 pragtige dogterjies. Ons deel dieselfde smaak in binne huis versiering , kuns, juwele ens. Sy leef my beroeps droom . Ek het 25 jaar plus in korporatiewe wereld gewerk , bloot vir oorlewing. Na haar matriek jaar het sy Somatologie studeer . Ek toe reeds 50 , besluit mens nooit te oud beroeps verandering te maak en na 6 mnde se Nael Kursusse /Eksamens gekwalifiseer . Terwyl sy besig was te studeer het sy na klas ure , kliente ingeneem en het ons saam n Salon op been gebring vir paar mnde tot haar kursus voltooi was en sy met n beurs nog n jaar, hare kursus gedoen het . Daarna moes ek solo vlieg in my beroep. Ons het tussenin maandeliks markte gedoen waar ons juwele en klere verkoop het en met spesiale geleenthede soos Moedersdag ens. ons eie produkte gemaak en verkoop het. Ons het die Salon onderneming saam, baie geniet. Ek het later jare by n Leessentrum ingeskakel en gekwalifiseer as Lees Terapeut wat ek saam my Nael kliente tussendeur bedryf het. Ons deel n passie vir kuns, kosmaak en onthaal . Ek is n dromer en sy die realis, sodoende n goeie balans.
Antwoord 2: Ons geniet dit saam vakansie te hou en op uitstappies te gaan. Sy reel altyd die inerresantste byeenkomste en help my gereeld uit my gemak zone . Sy vra graag my raad. Ek geniet die humor in die lewe en deel gereeld n grappie of 2 . Terwyl ek deur n moeilike verhouding /skeisaak moes worstel , het sy en haar verloofde/man by my ingetrek en gehelp pot aan kook te hou. Ons albei het gesondheids probleme ontwikkel, sy n skildklier operasie op 30 gehad en moes haar lewenstyl / dieet daad werklik aanpas. Ek laas jaar na jare van baie pyn , uitgevind moet gaan vir 2 heup vervangings . Dit het ons nader aan mekaar laat groei en ons verhouding hegter gemaak.
Antwoord 3: Wees openhartig en eerlik met mekaar. Verdra mekaar se tekort kominge. Wees geduldig en goeie luisteraar. Ondersteun mekaar en respekteer mekaar se spasies en geheime. Se gereeld julle is trots en lief vir mekaar N Ma en dogter is die beste vriendin en raadgewer wat jy ooit sal he.