Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Bianca Bothma Elsabé Marshall

Bianca Bothma Elsabé Marshall

Dorp: Pretoria

Antwoord 1: Ons is baie geheg aan mekaar. Ons is meer soos sussies as Ma & Dogter. Ons bel mekaar elke dag en is altyd daar vir mekaar. Ons verstaan mekaar baie goed en ek weet dadelik as daar iets fout is met haar. Ek dink ons liefde en omgee vir mekaar is spesiaal. Ons is baie close en sien mekaar amper elke week. Ek dink hoe ons mekaar motiveer is belangrik & spesiaal.

Antwoord 2: My Pa is oorlede toe ek op Universiteit was. Dit was ‘n keerpunt en my lewe. Na sy dood het ek besef hoe kosbaar mens se ouers is en dat hulle nie altyd daar gaan wees nie. As ‘n kind dink mens dat hulle net altyd daar gaan wees & dit is nie so nie. Ek dink daarna het ons mekaar net meer begin waardeer en meer moeite met mekaar begin doen. Ons het toe werklik besef hoe kort die lewe is en hoe kosbaar familie is. Dit het ons verhouding so verander en transformeer na ‘n baie closer verhouding.

Antwoord 3: Die lewe is kort, moenie uitstel om goed saam te doen of om te sê wat belangrik is nie. Op die einde vd dag is dit belangriker dat jou geliefdes weet hoe lief jy hulle het as wat jy dit is eers op ‘n begrafnis sê. Spandeer tyd saam, jy kan so baie by jou ouers leer oor die lewe en oor jou familie. Die beste raad wat ons het: prioritseer jou familie & sê vir jou geliefdes hoe lief jy hulle het!