
Dorp: Rustenburg
Antwoord 1: My noemnaam is Ezelle (51 jaar oud) en my dogter Demi (22 jaar oud) is die rede dat ek inskryf. Ons deel 'n Ma en dogter band wat geen mens ooit sal kan breek nie, my klein rots en my "go to person". Wie sou ooit kon raai dat my beste vriendin 30 jaar jonger as ek sou wees (ek word 52 in April, en Demi het 14 Januarie 22 geword). Ons deel 'n spesiale verhouding vandat sy as klein prem gebore is op 32 weke. Demi het 1,6kg geweeg toe sy haar opwagting vroeg gemaak het. Op net twee weke oud is sy saam met my terug werk toe waar ek en my sussie 'n kleuterskool bedryf het, ek het die voorreg gehad om haar elke dag by of naby te hê. Ons was nog altyd oop met enige probleme met mekaar hetsy liefdes teleurstelling of net groeipyne, maar ons het albei mekaar geken in alles.
Antwoord 2: Demi het nog altyd volhard in alles wat sy aangepak het, al was dit hoola-hoop sou sy aanhou totdat sy dit op haar beste kon doen. Die trotste oomblik vir my was toe sy verkies was as hoofmeisie in Graad 12. En weereens het sy alles gedoen na die beste van haar vermoë. Daar was 'n laagte punt in haar rekord eksamen met 'n liefdes teleurstelling, en my hart was saam met haar gebreek. Maar haar ongelooflike liefde vir God het haar deur alles gedra, en sy het weer bo uitgekom. In September 2024 het ons getrek na ons droom huis op 'n wild estate. Tragies is ons honde vergiftig een op 15, en die ander op 16 September 2024. Waar daar moes blydskap wees, het trauma alles oorheers. Almal het die verlies van ons kosbare diere anders hanteer. Maar Demi het my gehelp om die te vergewe wat dit aan ons gedoen het, met haar pragtige hart en liefde vir God het sy my gehelp om weer heel te word en uit my diep swart gat van verdriet te kom en om te vergewe sodat my lewe kon aangaan. Ek sal haar ewig dankbaar wees my ou perdebytjie
Antwoord 3: Mamma wees streng maar moet nooit vrees in jou kindjie sit nie, en gee ook net soveel liefde. Sy moet die vrymoedigheid hê om enige tyd met jou te kan praat oor alles.