Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Annie Hoppe

Annie Hoppe

Dorp: Rustenburg

Antwoord 1: Van die eerste dag wat hulle haar in my arms neer gelê het en sy haar klein handjie om my vinger gedraai het, en ek my vingers deur haar hare getrek het, was dit liefde met die eerste oog opslag en net daar en dan het ons spesiale band begin. Deur die jare is ons deur diep waters maar ons het elke struikelblok oorkom. Ons weet net die hart weet wat hy wil hê. Ons het ‘n baie unieke verhouding. Van die geselsies oor boeke en skool, tot die saamsing met gunsteling-deuntjies op die radio – dis al die klein oomblikke wat bymekaarkom. Dis daardie motorritte met die vensters af met ons hare in die wind….... dis al die goed waarvan herinneringe gemaak word. Ek dink wat ons band spesiaal maak, is dat ons nie net ma en dogter is nie, ons is vriendinne. Ons stamp kop en ons maak weer op, ons ontmoet mekaar op soveel vlakke – van ons liefde vir mooi modes en grimering tot vinnige motors en lekker kos. Ek is mal daaroor hoe sy ophelder wanneer sy praat oor iets waarvan sy hou, of dit nou 'n nuwe paar skoene of ‘n skool-projek is. Haar vasberadenheid en deursettings vermoe inspireer my elke dag. My lewens leuse is: “Jy kan nie sê nee, as jy dit nie probeer het nie” en haarne is: Wees lief vir jouself, nes jy is, God maak nie foute nie, maak nie saak wat ander mense van jou dink en sê nie”. Ek wens so ek het haar self vertroue gehad. As ek vir myself in die spieël kyk en ek sê ek is vet dan sê sy vir my “Mamma jys pragtig”. Sy maak my soms so emosioneel. Haar deernis en liefde teenoor mens en dier maak my trots. Sy groei in 'n wonderlike jong vrou, en ek is geëerd om haar ma te wees. Sy is soveel meer as net my dogter. Sy is soms my lewensafrigter. Sy gaan 'n ongelooflike rolmodel en vriendin vir haar jonger sussie wees. Haar grootsussie invloed maak reeds 'n verskil in haar kleinsus se lewe, en ek is so dankbaar om dit te sien. Wat ons verhouding spesiaal maak, is dat ons 'n span is. Ons het mekaar, en ons ondersteun mekaar se passie. Sy wil gaan studeer vir ‘n Dermatoloog en sy is super opgewonde daaroor. Ek sê net solank sy elke dag weet ek is hier vir die oorwinnings, die verliese, en alles tussenin.

Antwoord 2: Bittersoet maar Ironies genoeg sou ek dieselfde brief kon skryf oor my Pa as “Pa en Dogter” verhouding…. Dis nooit maklik om van ‘n geliefde afskeid te neem nie, veral nie jou Pa en Oupa nie, maar ons was baie vinnig daarmee ontnugter gedurende die Grendel tydperk. Boonbehalwe die tragedie is ek geskei en was ons genoodsaak om na ‘n ander dorp te verhuis en met al hierdie saam gegooi was dit vir ons ‘n goeie resep net kort van ‘n ramp. Dit het ons verhouding goed getoets. Oornag moes ons leer om nie net elke dag in mekaar se spasie te beweeg nie, maar Mamma word toe skielik sommer Juffrou ook, ons moes weer nuwe vriende maak, nes skrop en deel met al die emosies van Pa en Oupa se afsterwe. Met baie harde werk, sag praat, vroë oggende en laat aande het ons heel anderkant uit gekom. Ma wees is soms pynlik. Jy moet besluite maak wat ander beinvloed en vrede maak met die uitkoms. Jy moet die houe vat, jou kop optel en die wêreld weer in die oë kyk. Ek het deur die jare geleer dat met baie geduld (wat ek nie baie van het nie) en die Here aan jou kant, kan jy nie anders as om weer heel te word nie. Ek en my kind moes op die harde manier leer maar ons het as een aan die ander kant uit gestap. Ons het weer geleer hoe om te lag en mekaar te verstaan. Een van ons gunsteling tye saam is ons Spa dae en Saterdae oggende Parkruns. Dis ons tyd om van die wêreld te ontkoppel en aandag aan mekaar te gee. Daardie vroeë oggende en vars lug het iets geword wat ek werklik koester. Dit is ‘n spesiale tyd vir ons om saam te bond. Ons kan kwaliteit tyd saam deurbring, mekaar aanmoedig om ons beste te doen en mekaar se suksesse vier. Ek is mal daaroor hoe ons altyd tyd maak vir 'n geselsie en praat daarna. Ons leer elke dag om mekaar te ondersteun en as 'n span te werk. Wanneer een van ons sukkel, is die ander daar om aanmoediging te bied. Dis wonderlik hoe daardie klein oomblikke van verby ons perke stoot, na ander areas van die lewe vertaal het. As ons nie op ‘n vinnige draf stappie is nie dan maak ons tyd vir onsself by n Spa om net weer stil te raak om een met onsself te raak. Tyd vir herstel en heelword. Ons verhouding is vir my soos die natuur, wat ek die meeste liefhet, is dat die natuur homself altyd weer herstel en heelmaak na ‘n tragedie en dis wat ek voel ek en my dogter reg gekry het, ons het onsself weer heel gemaak en herstel na alles waardeur ons is.

Antwoord 3: Om 'n sterk band met jou dogter te bou, is een van die mees lonende dinge wat jy ooit sal doen. 1. Dis belangrik om teenwoordig te wees. Sit die fone neer en wees in die oomblik saam met haar. Of jy nou bak, kook, bestuur of net kuier, gebruik daardie tyd om kontak te maak en oor haar lewe te praat. 2. Probeer meer luister as wat jy praat. Laat sy haar gedagtes en gevoelens deel sonder om haar te onderbreek of te oordeel. Wys haar dat jy regtig luister deur oogkontak te maak en oop vrae te vra. 3. Kry iets wat julle altwee in gemeen het. Of dit nou musiek, boeke of ‘n koek bak is, vind iets waarvan julle albei hou en doen dit saam. Dit skep 'n band en gee julle iets om oor te praat. 4. Erken haar gevoelens en laat sy weet dat die emosies wat sy voel normaal en geldig is. Moenie haar gevoelens afmaak of minimaliseer asof dit niks is nie, selfs al verstaan jy as ouer dit nie. 5. Wees eerlik met haar, jy kan jou eie ervarings en probleme met haar deel. Dit sal haar help om jou as persoon beter te verstaan, nie net as 'n ouer nie, maar iemand wat ook foute het en mag maak. 6. Ondersteur haar passies wanneer sy praat oor toekomsplanne, onthou jy het ook toekomsplanne gehad en dit het nie noodwendig uitgewerk nie maar dis belangrik om drome te hê so moedig haar aan om haar belangstellings na te streef, selfs al is dit nie jou idee vir haar nie. Wees haar grootste aanmoediger en vier haar suksesse. 7. Maak reels en hou daarby. Dogters het struktuur en grense nodig, maar maak seker dat dit regverdig is en verduidelik dit aan haar. Dit help haar om veilig en gerespekteerd te voel. 8. Wys haar dat jy haar liefhet. Gee vir haar drukkies, soentjies, dis noodsaaklik vir ‘n goeie verhouding. Moenie ophou daarmee soos sy ouer word nie - sy het dit dan nog steeds nodig! 9. Dis belangrik om jammer te se as jy verkeerd was. Dis belangrik dat jy as ouer jou foute erken en vra onverskoning. Dit wys haar dat almal foute maak en dis hoe ons leer. 10. Lag saam met haar. Julle kan net saam simpel wees. 'n Goeie sin vir humor kan gespanne situasies ontlont en herinneringe skep wat haar altyd sal bybly en ‘n indruk maak wat sy aan haar kinders kan oordra. 11. En leer haar dat daar altyd ‘n hoër hand is, maak haar as ‘n kind van God groot. Die belangrikste punt wat ek wil maak is dat dít wat sy by jou leer, haar sal weef in die vrou wat sy vir haar man gaan wees, die ma vir haar kinders en die kollega in ‘n werksituasie.