Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Suzette Meyer Suzanne Meyer

Suzette Meyer Suzanne Meyer

Dorp: Port Elizabeth

Antwoord 1: Dis n goeie vraag, wat maak ons twee se verhouding meer spesiaal as enige ander ma en dogter, dalk net ons twee se eerlike, opregte liefde vir mekaar, daar is geen pretensie nie, ons werk elke dag saam, gaan saam op bederf-myself-langnaweek, en ons kan altyd net onsself wees. Dit regtig meer as spesiaal vir my as ma. Ek is baie trots op my laat-lam-meisiekind, sy is my guardian angel, en sy weet ek kyk uit vir haar waar ook al sy is en sal gaan. Hierdie jaar is haar-jaar, sy word amper mevrou, Suzanne gaan trou. Ek is soo opgewonde om saam met haar die troue te reel, sy met haar eie unieke, konserwatiewe idees en ek met my soms uitpattige gedagtes, idees en planne. Dan sit ons maar met n koppie tee en dink n middelweg uit, dis tog haar unieke dag van mooi wees en lief wees, en ek sal daar wees om al die gaatjies in te vul, wat dalk mag op duik. Dis hoe ons twee van kleinsaf die lewe aandurf, twee sterk vroue wat vir niks stuit nie, ons is n span, nie bang om hard te werk, ons kan langure saam staan en die dag taak met grasie voltooi. Ons hou van mooi aantrek en geniet n bietjie mooi maak, dis ook deel van vrouwees, elkeen met sy eie unieke styl. Gou is ons gereed met n mooi glimlag en sagte lag om ons huismense en gaste te verwelkom. Maar weet ook dat daar nie sommer op die twee dames se tone getrap gaan word nie, ons staan op vir onsself en dames in besigheid. Kinder en bejaarde welsyn is ons na aan die hart, en dis n groot deel van ons menswees. Ons koppe en harte is in harmonie, ons is lief vir mekaar en vind vrede in mekaar se teenwoordigheid.

Antwoord 2: Ek glo daar is sekerlik in elke dag genoeg mooi om raak te sien en voor dankbaar te wees, so is daar ook daaglikse kwaad en hartseer om aan vas te klou en jou weerloos te laat. Ons het n wilsbesluit geneem om nie ten koste van onsself op al die moeilike omstandighede te fokus nie. Ons is deel van n familie besigheid en bestuur-sake kan soms vurig raak, daar is verskillende persoonlikhede, met gemengde gevoelens, sommige met wilde drome en ander met vurige woorde. Ons probeer ons eie persoonlike emosies Buite die werkplek uitsorteer en geniet vrede en liefde in ons omgewing, ons ondersteun ons werksmense en kyk uit vir hul elkeen so unieke talente en vermoeens.

Antwoord 3: Die lewe het my geleer dat die 3 klein woordjies tot groot inspirasie kan lei, indien dit met opregtheid elke dag openbaar word, sal hierdie 3 woorde vir elke mens in alle opsigte van die lewe tot hulle eie reg kom, ek glo dit met my hele hart en my lewe, dit is ons motto; Geloof, hoop en liefde, en die grootste is die liefde, want opregte liefde vir jou kinders en familie is onbeperk. Die liefde van n ma is sterker as enige aanval, magtiger as enige mag, maar dis sag en sommige mag dalk dink dit dra geen krag, maar God se genade is hoopvol.