
Dorp: Potchefstroom
Antwoord 1: Ons onvoorwaardelike liefde vir God en respek vir mekaar as ma en dogter, maar ook as vroue in eie reg. Saam werk, saam speel, saam huil en bowenal saam lag. Verbind - nie net deur 'n naelstring nie, maar uitverkies deur God se liefde en Sy genade. Wat 'n voorreg en seën dat ons die lewe en so 'n spesiale verhouding deel. Dankbaar.
Antwoord 2: Janine het gesukkel om swanger te word. Na vele probeerslae en doktersbehandeling was daar nie hoop nie. Ons het kliente besoek en na die afspraak, oppad na die motor, het die een klient haar gevra hoe dit regtig gaan met haar. Sy het haar storie van wanhoop gedeel. Hy het net daar en dan vir haar gebid. Toe ons wegry was daar stilte, na 'n minuut of so sê sy vir my: " Wat het nou gebeur? Ek het so warm gevoel oor my maag area gekry onder die gebed? " Wel, met haar volgende besoek aan die ginekoloog was sy swanger met hulle eersteling, Elliana. Geskenk van God.
Antwoord 3: Hê geduld met mekaar, deernis en baie liefde. Kommunikeer wanneer iets pla. Vergewe mekaar. Ons word net geleen vir mekaar.