Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Marianne Viljoen

Marianne Viljoen

Dorp: Potchefstroom

Antwoord 1: Ons liefde vir Jesus en respek vir mekaar. Ons verstaan mekaar sonder woorde. Dit is veral ons omgee harte vir mense in nood wat ons verhouding spesiaal maak. Die verskil wat ons in mekaar, ons familie, vriende en gemeenskap maak deur te gee. Saam.

Antwoord 2: Ons het die voorreg gehad om saam Israel te besoek. Daar was 'n besoek aan die Jordaanrivier op die reis ingesluit vir 28 Junie. As gevolg van ons toergroep wat te laat opgedaag het, was toegang geweier en het ons eers die volgende dag kon teruggegaan. Dit was 29 Junie, my dogter Madelien se 33ste verjaarsdag. En so is ons beide in die Jordaanrivier gedoop. Ook het ek die voorreg gehad om my dogter te doop! Super spesiale oomblik wat ons vir altyd sal by bly en verbind. Nie net op aarde nie, maar ook hierna...

Antwoord 3: Wees lief, foute en al. Hê respek vir mekaar. Glo en vertrou mekaar. Kommunikeer sonder ophou. Luister opreg. Hê deernis met mekaar. Vergewe mekaar.