Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Leandi Verster

Leandi Verster

Dorp: Pretoria

Antwoord 1: Die verhouding tussen ‘n ma en dogter is iets besonders. Wat is dit wat julle s’n so spesiaal maak? Ons vind absoluut harmonie in alles wat ons aanpak en doen. Ons verskillende seisoene is ineengevleg deur ons liefde vir mekaar. ‘n Glimlag, ‘n sagte kyk, ‘n traan…….ons gewoontes en gene…………. Ons geniet dit daagliks om herinneringe te maak en ontdek dat ons ‘n kragtige span en sterk vroue is. Dit is lekker om mekaar te koester en te bederf en deel ons tyd ander kere. Ons vat bymekaar wanneer nodig en gee bederfies vir mekaar. Daar is soms stiltes tussen ons wat nie in woorde vasgevang kan word nie……maar ons verstaan….. Daar is ‘n diep liefde wat alles omvou…… ons emosies, die mooie juweeltjies in die lewe, die lag en die seer……….. Ons kan laf wees, dans, kind wees en soms lekker baklei. Ons kan onsself wees…… soos God ons geskape het en wanneer daar ‘n slegte tyding op ons neerdaal, word elke minuut kosbaar….. en tyd staan stil……… DANKIE LIEWE HERE, DAT U ONS VIR MEKAAR GEGEE HET.

Antwoord 2: Die Bybel sê “ volmaakte liefde dryf die vrees uit”… en daar is ons in Oktober 2025 getoets… ‘n slegte tyding van kanker vir mamma en skielilik het alles verander, ‘n yskoue tyding soos koue yswater in die gesig, dit voel of ek in ‘n hoop kan sit en moed opgee, en skielik het tyd begin stilstaan, maar sterk en diepe krag in die Here het soos ‘n fontein van lewende water uit haar begin straal en gevloei. Ek kon voel hoe dit my versterk met ‘n liefde wat krag gee en my warm maak. Hierdie liefde dra my terwyl ek nie meer myself kan vashou nie… my hart is in 1000 stukke gebreuk. Hier leer ek binne ‘n paar maande om stewig op my eie voete te staan en die mooi in die winter raak te sien. Om elke aspek van haar weer te waardeer, elke minuut word vir ons kosbaar… en tyd staan stil en Jesus wys vir my die vuur in haar wat ook in my aansteek en my warm maak en hoop gee. En nou – as ons seisoen begin draai is dit nie die liefde tussen ons wat weg gegaan het nie, maar ‘n ander dieper liefde van aanvaar, verstaan en waardeer.

Antwoord 3: - Saam-saam pak on salles aan en help mekaar waar ons kan. Ons gee onvoorwaardelik. - Ons bly kies om die liefde in alles eerste te stel. Dit haal die angel uit ‘n moeilike situasie. - Ons bou graag kosbare herinneringe en wanneer ons planne skeefloop of soms ander kronkelpaaie neem pas ons beide daarby aan. - Probeer om de humor in mekaar raak te sien. Ons lag graag en maak grappies. - Ons deel alles met mekaar en is reguit in ons opinie teenoor mekaar. Soms maak dit mens warm teen die kraag, maar dan gaan ons net weer aan. - Ons waardes en norme bly altyd dieslefde en wanneer discipline nodig is vir die kleinkinders, word dit konsekwent toegepas. - Bly altyd waardig, stylvol en ordentlik. - Die laaste maar beslis die belangsrikste: Ken GOD in alles wat julle aanpak. Baie liefde ‘n Ma en dogter.