Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Marghalet Van Der Linde

Marghalet Van Der Linde

Dorp: Welkom

Antwoord 1: Rudjard Kipling het gese: "God kan nie oral wees nie, daarom het hy ma's gemaak" My ma was en is nog altyd vir my die "coolste" en mooiste mens op aarde. En dit is nie net ekke wat so dink nie. Letterlik ALMAL is gaande oor haar. Sy is ingelig, slim en het hope wysheid. Dokters kan by haar aanklop oor haar kennis van medisyne, sielkundiges as dit kom by 'n seer hart en stylikone kan gerus by haar kom leer van styl en stilering. Jy sal ver gaan soek om 'n beter "bargain hunter" te kry en sy weet hoe om haar sente om te draai en wyse finansiele besluite te maak. Sy laat oral die koppe draai. Van kroontjie tot toontjie straal sy elegansie uit en het voor in die ry gestaan toe fisiese skoonheid en 'n pragtige vel uitgedeel is. Dis egter haar ruim hart en wonderlike mensgerigtheid, wat my van kleintyd na haar laat opkyk. My ma is wys, kennisryk en leef met dissipline, selfrespek en deernis vir ander. Moet egter nie 'n fout maak nie. Ek is wie ek is, as gevolg van haar streng, regverdige, direkte en reguit opvoedingstyl. Sy kon tegelykertyd 'n pakslae met 'n skeut raad uitdeel! Haar geestelike begeleiding as Sondagsskool juffrou, het soveel, inspirasie, positiwiteit en oplossings gebied. Lank voor die bestaan van Pinterest, was my ma reeds 'n partytjie fundi... my maats het behoorlik vuisgeslaan om na my ma se kreatiewe, wonderwereld-partytjies, uitgenooi te word. Ek is so dankbaar vir my ma se voorbeeld om gesond en fiks te wees. Sy is die mees energieke mens, wat nooit haar daaglikse oefen-stap roetine mis nie. Hoe lekker is dit nie om in haar gesonde voetspore te volg nie? My ma is my beste klankbord, mentor en beste vriendin. Sy is regtig altyd net 'n oproep ver en haar gebede hou my en my gesin gegrond. Geen wonder sy geskryf haarself as God se "blue eyed girl" nie, want haar geloof is haar fondasie en hou ons as gesin gegrond en geseend. Sy se dikwels vir my: My kind, ek kan nie altyd vir jou die pad loop nie, maar ek sal altyd langs jou staan". In haar sagte binneste skuil egter ook 'n verwoede tier, wat haar gesin en familie ten alle koste beskerm. Sy staan vir ons op, maak nie saak hoe groot of klein die stryd is nie. Saam het haar is daar baie lag, maar ook gedeelde trane. Sy beskik oor 'n diep verstaan en haar skouer is altyd breed, wys en sag. By haar kry ek altyd vertroosting en oplossings. Wanneer iemand vir my se: "Jy is nes jou ma" swel my hart van trots, want dit is vir my die GROOTSTE kompliment.

Antwoord 2: Dit was vir my 'n groot aanpassing om ver van my ouerhuis af te gaan studeer. Dit was enersyds opwindend, maar my verlange was groot. My ma was egter deurentyd my steunpilaar. Sy het my gereeld herinner dat ek sterker is, as wat ek dink en danksy haar, was my universiteitsjare vir my opwindend, en lekker. Danksy my ma, het ek vele akademiese en emosionele berge kon trotseer en oorwin. Na afloop van my studies het ek die wye wereld ingevaar en in London gaan werk. Ten spyte van die afstand oor kontinente heen, het ons gereelde kontak net ons verhouding verder laat verdiep. Een van my kosbaarste herinneringe aan hierdie tyd, is toe ek haar op haar 50e verjaarsdag te bederf het met 'n emmerskop-droom van haar, om in Griekeland te gaan vakansie hou. Ons is daarna na die Suide van Frankryk en Provence. Dit het my laat besef hoe besonders dit is om nie net 'n ma te he nie, maar ook 'n beste vriendin en reisgenoot. My ma het my die ruimte gebied om te leer om op my eie voete te staan, maar ook te groei en my eie foute te maak. Sy was egter altyd aan my sy en vang my altyd...in goeie en in slegte tye. Ons verhouding word gekenmerk deur eerlikheid, 'n goeie skeut humor, baie lag en 'n diep liefde en begrip vir mekaar. Sy is eerlik, sal nooit vir my jok of doekies omdraai nie. My ma se grootste geskenk aan my, is dat sy my "warts & all" onvoorwaardelik aanvaar nes ek is. Sy ken my beslis beter, as wat ek myself ken en weet instinktief of ek okay is of nie. Ons is "sonskyn"-mense, wat lief is vir die natuur en avonture. Saam het ons al die Visrivier Canyon 3 keer aangedurf, geduik en is ons 'n gedugte bak en brou span agter die kospotte. My ma het 'n kosbare liefdevolle band met my dogtertjie Lilly. Lilly het beslis die mooiste, slimste en oulikste Ouma in die hele wereld.

Antwoord 3: "Mamma's plant saadjies van liefde, wat vir ewig in 'n dogter se hart blom". Kinders is nie blind nie en hul ouers is hul helde. In ons geval, het ons goeie verhouding sy ontstaan my my ma se voorbeeld. Sy het altyd tyd om na my te luister, opreg belang te stel en haarself tweede te stel as dit by haar kinders en kleinkinders kom. My ma se streng konsekwentheid, kreatiwiteit en "fun" geaardheid het vir my 'n skatkis van waardes en wonderlike herinneringe geskep. Sy het my geleer om eerlik te wees, nooit iets weg te steek of te jok nie en dit het tot gevolg dat ons mekaar ongeag die omstandighede, nooit teleur gestel het nie. Dankie Mamma, dat ek geleer het om jammer te se en te besef dat ons almal as mense, foute sal maak. Ons is mekaar se respek waardig en vertrou in alle opsigte op die Here. Ek het ook my Mamma geleer om my vriende met oorleg te kies en te alle tye mens, dier en die natuur te respekteer. My integriteit en karakter, my gesonde gewoontes en innerlike vrede en aanvaarding van myself is alles aan Mamma te danke. Uit my ervaring, word Ma's en Dogters beste vriendinne. Ek wens elke dogter het 'n Mamma soos myne. Sy het altyd tyd vir my en offer steeds alles vir my op. As elke persoon soos Mamma is, sal dogters die wereld vierkantig, met hul voete vierkantig en stewig op die aarde geplant kan wees. My Ma is net "amazing" en ek strewe elke dag, om meer en meer soos sy te wees. My grootste wens, is dat ek net so 'n Mamma vir Lilly kan wees en dat almal so 'n verhouding met hul dogters kan he...soos EK en my MA. My rykdom, vreuge en BESTE raad aan ander dogters is: "Wees altyd lief vir jou Ma, want jy sal nooit 'n ander of beter voorbeeld kry nie"