
Dorp: Paarl
Antwoord 1: ek dink wat my en Jana se verhouding so spesiaal maak, is die feit ons altyd baie eerlik met mekaar is... Ons verskil baie in persoonlikhede, maar die feit dat sy baie eerlik, opreg en realisties is, help my baie, wat weer meer van 'n dromertjie is. Wat natuurlik ook baie spesiaal is, is dat Jana dieselfde dag gebore is, wat my pa afgesterf het, so vir ons as gesin, het haar geboorte 'n baie spesiale betekenis en waarde. Ek is 'n enkel ma en sy was van kleins af vir my al soos my beste vriendin, ons het baie gedeel en ek was altyd baie openlik met haar. Ek raak 50 hierdie jaar en Jana 21, so dit is vir ons albei 'n baie besonderse jaar en ons het 'n ver pad gekom. ONs het saam gegroei, al baie saam gehuil en nog meer saam gelag. Ek is baie trots op die mens wat sy vandag is en beslis een van die spesiaalste mensies wat ek ken, sal haar oor en oor kies as my dogter en vriendin. Ek dink as ma het mens nie altyd al die wysheid wat n mens moet he nie en ons almal maak foute, maar saam met my dogter het ek geleer dat mens nie die lewe so ernstig moet opvat nie en humor so belangrik is in ons verhouding. Ons lag baie vir mekaar en kan ons lekker laf hou saam.
Antwoord 2: ek sal se ek en Jana se pa het geskei toe sy so amper 8 jaar oud was en ongelukkig, omdat sy die enigste dogter is, het ek miskien te veel op haar ''staatgemaak'' as klankbord en was partykeer te hard op haar. Ek het jare later in Hoerskool eers agtergekom dat dit nie regverdig teenoor haar was nie en ons het saam ook 'n sielkundige gaan sien. Ons het eerlik gesels en van daar het het ons nog net gegroei. Ek het baie gegroei as ma en moes leer om geluk in myself te vind, vrede te maak met die verlede en elke liewe nuwe dag te embrace. Jana het 3 jaar terug begin studeer op Potchefstroom en dit is 14 ure se ry van die Paarl. Die feit dat sy so ver van die huis af studeer het, het gemaak dat ons mekaar bitter min sien en sy het ook geleer om my meer te waardeer, veral as dit om by die kosmaak en wasgoed was, ahha. Ons het geleer om makliker en meer te kommunikeer en ons het vandag 'n baie meer volwasse en eerlike verhouding. Ek sal se een van die beste of goeie tye wat ons nog gehad het, was met hierdie photo'shoot (die fotos wat ons laat inskryf het) soos aangeheg. Dit was soveel fun en het regtig baie vir ons albei beteken. Ek is 10 jaar terug gediagnoseer met Limfoom kanker en al was dit een van die slegste en swaarste tye in my lewe vir my en my kinders, kan ek eerlik se die Here het ons almal net beter mense gemaak agv dit. Dit het ons geleer dat ons moet vir mekaar ''vandag nog'' se hoe ons voel, ons moenie uitstel nie, ons moet dankbaar wees vir elke dag en oomblik. Ons lewe 'n lewe van dankbaarheid en ek glo dat dit soveel meer geluk bring, as aardse dinge. Ek vier nou al 10 jaar van remissie en ek kan terugkyk na my lewe en net se wow, selfs vir die slegte tye ook, want dit het ons net beter mense gemaak. Ek sal ook se op 'n ligter noot, een van my beste tye saam met Jana , is as sy 'n slag vir my kook, beslis 'n hoogtepunt in my dag. Sy kan heerlike kos maak en dis altyd 'n groot bederf.
Antwoord 3: ek sal se, wees mekaar se grootste ondersteuners, besef dat ons maar hard is op ons self as vrouens en dat ons juis daarom, mekaar moet ondersteun en liefhe. Ek glo ook daarin om my dogter toe te laat om net haarself te wees, om haar te ondersteun in haar besluite en haar ook by te staan as dinge bietjie swaar gaan. Ek dink humor help baie en veral met vrouens, kan ons maar lekker emosioneel wees en by tye te onnodig diep wees, so maak die grappe, lag lekker saam en wees sommer net laf. Ek wou altyd he my dogter moet net in haar self glo en vir niks en niemand terugstaan nie en ek sal se die enigste manier om dit reg te kry, is om haar vryheid te gee. Om haar toe te laat om foute te maak en haar dan nie te veel te kritiseer daaroor nie, maar wel te leer daaruit. Ek het Jana ook onafhanklik groot gemaak, so dit het baie selfvertroue en n stille ''contentness'' by haar gekweek, waarop ek baie trots is. Ek het Jana ook geleer om nie haarself te ernstig op te vat nie en nie te veel druk op haarself te sit nie, die lewe het genoeg uitdagings van sy eie, so wees verantwoordelik, maar hou altyd spasie vir afskakel en lekker tye. Ek dink mens moet ook dinge saam doen, gaan stap, markdae bywoon ens. Ek en Jana deel n vreeslike liefde vir baba's en kinders en ons besoek gereeld ons Norsa Babahuis in Wellington,wat net in die straat af is. ONs help dan die baba's voed en gee hul sommer net liefde, wat ons albei vreeslik geniet. Ek wil eendag en vir altyd my dogter se grootste supporter wees, en seker maak sy sal altyd glo in haarself en haar waarde, dis so n voorreg om n dogter te he.