
Dorp: Alberton
Antwoord 1: 1. Ons het saam groot geword - my ma was redelik jonk in vandag se tyd toe ek gebore is 2. Respek/Eerlikheid en 'n oop verhouding - Ons deel alles binne perke met mekaar. 3. Vertroue - Ons motto is "Kom huis toe! As jy in die moeilikheid sal ons dit uitsorteer, kom net huistoe. 4. Afstand is nie 'n rede om kontak te verminder nie - My ma woon in Nederland en ek dink nogsteeds sy is "soos Checkers - net om die hoek"
Antwoord 2: Ons is deur n paar "skeidings" in ons lewe. My ma en Pa is geskei toe ek 4 jaar oud is en ek en my ma het saam gebly tot ek 21 was. Weens finansiele redes het ek by my Pa gaan bly en is ons weer geskei van mekaar. In 2018 immigreer sy Nederland toe en dit was die moeilikste tyd om nie meer om die hoek van mekaar te woon nie. Ons verhouding het net sterker geraak deur al die "skeidings" en is ons nou sterker as ooit.
Antwoord 3: Raad vir Mammas: Bou van kleins af vertroue en respek met vergifnis. Raad vir dogters: Jou Ma is jou veilige hawe, die persoon wat als van jou weet en jou grootste ondersteuner is, Moenie dat enige iets in die pad kom van julle nie en vertel mekaar als. Maak nie saak wat dit is nie.