Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Charmaine Coetzer

Charmaine Coetzer

Dorp: Rustenburg

Antwoord 1: Ons verhouding is spesiaal omdat ons nie net ma en dogter is nie, Maar ook mekaar se vriendinne en veilige plek. Ons ken mekaar se swakheid en sterkte, en ons kies om mekaar elke dag met liefde, respek en aanmoediging te dra. Omdat ons ook vir die selfde maatskappy werk kan ons daagliks saam koffie drink, humor en stories deel. Ons deel selfs soms klere! Ons is onvoorwaardelik daar vir mekaar in elke seisoen.

Antwoord 2: Ons het in 2008 my man verloor in 'n grusame ongeluk. Dit was 'n hartseer tyd maar dit het ons nader aan mekaar gebring. Ons het hom saam gaan uitken, begrafnis reelings getref. Plek waar hy verongeluk het besoek. Ons het as familie saam gestaan en mekaar elke dag ondersteun. Dit het ons verhouding verdiep en ons geleer wat onvoorwaardelike liefde en samehorigheid regtig beteken.

Antwoord 3: Ons glo 'n goeie verhouding groei uit begrip, aanvaarding en onvoorwaardelike teenwoordigheid. Dit is nie perfek wat 'n verhouding mooi maak nie, dis die moeite. Moet nooit die mooi in mekaar miskyk nie, en vier die oorwinnings, groot en klein. Luister na mekaar, wees teenwoordig vir mekaar, en maak tyd vir die klein oomblike.