Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Smeralda Cronje

Smeralda Cronje

Dorp: Kemptonpark

Antwoord 1: Ons verhouding was bestem om uniek te wees. In my hart wou ek altyd ook n dogtertjie he want ons het toe reeds n seun gehad. Haar geboorte was onmenslik pynlik en ek het toe nog nie geweet sy is n dogtertjie nie. Toe sy verlos is en ek hoor sy is toe werklik my dogtertjie wat ek graag wou he, wel toe is die res net n lewensverhaal wat gebytel was uit liefde, verstaan en wedersydse respek. Ons verstaan mekaar asof ons n identiese tweeling is. Ons vul mekaar aan, tog lewe ons elkeen ons eie lewe. Ons is mekaar se beste en eerlikste vriendinne. Ons spandeer graag tyd saam en ons haak omtrent nooit vas nie. Ek as Mamma sou dit nooit anders wou he nie. Tot in hierdie, stem ons saam daaroor.

Antwoord 2: Ja ons het ook deur n baieeeeee moeilike tyd gegaan. My dogter was hierdie voorbeeldige tiener en student. Sy is self gedrewe op elke vlak en het ek nooit kon dink dat sy later ook met die lewe gaan eksperimenteer nie. Dit was n donker tyd gevul met angs van my kant, maar van haar kant het sy net van diep na dieper in die wereld gaan ronddwaal. Sy was nog nie n Mamma om daardie beskermde liefde te verstaan nie en het sy gedink sy kan dit wegsteek. Maar so het my dogter later in n sinkgat beland waar ek geweet het ek gaan haar verloor as sy so voortgaan. Maar nadat sy deur swart golwe omgedop is, het sy, met God se hulp, haar oorgegee aan berading en n skoonwas proses. Daar het ek soveel respek weer v haar kon kry. Ja sy het ondersteuning ontvang maar as sy nie gewillige voete gehad het nie en nie vasgebyt en deurgedruk het nie, het die golwe haar verslind. Vandag is sy n Mamma wat beter verstaan en wat terug kan kyk en die vyand kan herken. Ja dit was n goor tyd maar dit het ons verhouding versterk. Nooit ooit het ek haar laat val nie, maar ek moes streng grenslyne stel om haar te red.

Antwoord 3: Ek as Mamma het eintlik net een siening.: Behandel haar as n volwassene en skep n atmosfeer waar sy vreesloos met my als kan deel. Onvoorwaardelike liefde. Bo als, sy is haar eie persoon. Nie n afdruk van my nie. Vir my as dogter kan ek se moet nooit ophou luister na jou ma se raad nie. Sy weet presies hoe haar kind se hart en kop werk en wil net die beste vir haar he . Maak ruimte en skep geleentheid om met mekaar tyd deur te bring en mekaar se passies met mekaar te deel. Ons tyd op aarde saam is net geleen en kuiertjies is kosbaar . Ek leer nogsteeds so baie van my ma ken en lief elke deel van haar ,selfs die kattekwaad wat sy aangejaag het as klein dogtertjie. Mens moet kan saam lag oor die klein dingetjies.