Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Charmara Steyn

Charmara Steyn

Dorp: Pretoria

Antwoord 1: Ons is lief vir die lewe en soek altyd met passie geleenthede om herinneringe te skep! Voorwaar “Vinkel en Koljander” wat met baie groot dankbaarheid kan se dat ons band is nie deur trauma, hartseer of swaar tye gevorm nie, maar deur spesiale oomblikke saam. Net een kyk en ons sien deur die blou kykers tot in mekaar se siel. ‘n Lag wat kan losbars na een kyk as ‘n “wip” of ontevredenheid sy kop uitsteek, want dit gebeur so min en skielik lag ons saam. Soveel belangstellings word gedeel, liefde vir mense, vriende om te bederf, netbal, dans, onderwys, reis en heerlike liefdes films en stories. Ons liefde vir ons Skepper maak dat ons saam kan bid, hoop en vertrou. Hoogtepunt tye is om rustig, hand aan hand op Stilbaai se strand te stap en “pansy” skulpies op te tel saam met die 3 woelwater seuntjies. So kleur ons, ons wêreld kleurvol, borrelend en dankbaar in. So skep ons herinneringe vir die toekoms, want ons weet elke dag is net ‘n genade gawe uit Pappa Vader se hand.

Antwoord 2: Ons is so verskriklik bederf om saam te kan skoolhou. Ons het ‘n passie vir onderwys, om inspraak te kan lewer in elke kind se lewe waarmee ons werk. Ons wil ‘n verskil maak deur dieper te kyk in elke kind se oë en nie net op boeke kennis te fokus nie. Saam skoolhou het ons verhouding net meer laat blom. Saam werk ons pret passies uit vir menige Revue’s vir klein en groot. Om saam netbal spannetjies te motiveer en af te rig asof hul reeds Protea spelers is! Spoeg en plak saam om plakkate en klasversierings te maak om ‘n atmosfeer te skep waar elke kind gelukkig en geborge kan voel om te waag. Saam oplossings vind om tameletjie somme makliker te verduidelik en selfs lekker met die kitaar liedjies op die mat te sing. Beurte te maak om kosblikke te pak vir pouses se saam kuier. Sommer net altyd uitkyk vir mekaar en mekaar te onthou om lippies aan te sit deur die dag voor ons begin vaal lyk, na al die gesels!

Antwoord 3: - Soek met passie geleenthede om herinneringe te skep. - Respekteer mekaar met liefde. - Vertrou mekaar ten volle en deel jou hart. - Praat altyd mooi met mekaar. - Bederf mekaar. - Laat komplimente nooit 'n skaarste wees nie, maar boustene vir geluk. - As jul vassit, praat jou hart uit en sien dit as ‘n geleentheid van groei. Klink dan ‘n glasie wyn! - Bid saam.