
Dorp: Kuilsriver
Antwoord 1: Sjoe. Regtig deur dik en dun, goeie en slegte tye, winter en somer seisoene. N ma en dogter band is net anders saam gesit. Ons lese “no matter what, no matter where”. Ons luister, ons oordeel nie. Ons ondersteun en ons is lief. Ons lief en goed oorskadu die donker tye wat daar was. Jy weet n ouer se vrees daardie klop 11 uur in die aand met woorde jou kind was in n ongeluk. Jou hart raak koud en jou gebede doel gerig langs die hospitaal bed. Jy wil die klippe voor haar tone weg skuif maar tog los jy dit en ondersteun jou dogter op haar grootmens pad want jy weet hoe seer dit is as jy jou klein toonjie stamp. Dit is spesiaal om n mamma te wees vir n dogter en ek is mal lief vir my Vianette
Antwoord 2: Jy weet as jou kinders klaar maak met skool en die groot mens wereld betree. Sjoe ek dink dan is dit die tye waar ons kniee blou is van al die bid wat ons doen. Nou ja. So gebeur dit dat Vianette uit is een aand en en oppad huistoe ry iemand haar van die pad af. Haar kar rol en ons kry die klop teen die deur. Jaag hospitaal toe. Bid doelgerig. Sy stap daar uit sonder lit tekens of merke. Ek staan haar by om weer agter die stuurwiel in te skuif paar dae later. Self vertroue kom weer terug. Dan n jaar later. Middagete oproep. Mamma help iemand het in my vas gery. Paniek en vrees is hoog. Jaag en bid tot by haar. Want mamma kan als fix. Liefde en ondersteuning wen weer want self vertroue is weer terug om agter die stuurwiel te wees.
Antwoord 3: Luister. Moenie net altyd raad wil gee nie. Luister en leer wie sy is. Haar persoonlikheid. Haar vrese. Haar drome. Ons almal maak foute en swak keuse op ons lewenspad. Laat haar toe maar laat haar weet jy is altyd daar. No matter what, no matter where.