
Dorp: Randburg
Antwoord 1: My ma is nie net my ma nie, maar ook my beste vriendin. Ons verhouding is gebou op vertroue, liefde en openheid, ons kan alles met mekaar deel, sonder vrees vir oordeel. Sy is die eerste persoon wat ek bel wanneer daar enige nuus is, hetsy goeie of moeilike tye, want ek weet sy sal altyd luister en my verstaan.
Antwoord 2: Ons het kolwyntjies gebak vir Kersdag, ons het oor alles en niks gesels, en dit het my laat besef hoe spesiaal ons band is. Nou dat ons ook ouer word, waardeer ons elke tyd saam wat ons het.
Antwoord 3: Dit is om gemaklik te wees met jou ma, en te weet dat maak nie saam wat jy vir haar se of vra nie, dat sy jou nooit sal oordeel nie, maar eerder sal bystaan of raad gee. Ek is gelukkig om n Ma te he met wie ek alles kan deel.