
Dorp: Centurion
Antwoord 1: ń Kort storie wat ek altyd geniet om met vriende te deel, is dat ek en my ma dieselfde voorletters deel. Beide ek en my ma is KK. Dit is nogal ń storie wanneer ons pos gaan haal en moet uitsorteer wie s’n dit is as daar nie ń Mej of Mev vooraan geskryf is nie! Alhoewel ons dieselfde voorletters deel, verskil ek en my ma werelde van mekaar. My ma is stil, teruggetrokke en ń vrou van min woorde. Maar sy is nog altyd volop in haar ondersteuning en liefde vir haar kinders. My ma ondersteun al my wilde idees en is die beste luisteraar vir my baie woorde. Sy is die eerste persoon wie ek bel as my hart seer is of as ek goeie nuus ontvang het - selfs nog voor ek my verloofde bel!
Antwoord 2: Ek het my ma al twee maal amper moes groet maar sy het voor die dood omgedraai. In Julie 2020 het my ma skielik hartversaking gekry en moes in die hartjie van Covid by Steve Biko opgeneem word met slegs 20% gebruik van haar hart en longe. Die Here het haar vir ons gespaar, en sy is ń getuienis van Sy goedheid en krag. Sy is wel verlede jaar in April opgeneem met dieselfde simptome, maar weereens volle herstel gemaak. Vanaf haar laaste besoek aan die hospitaal woon ons elke bybel kursus by ons kerk by en het graag saam bybelstudie deur die week. My ma moes my ook bed bad na my knieg operasie verlede jaar - niks so intiem soos dit nie!
Antwoord 3: Die eeue oue verhaal is dat ń ma en haar seun die beste oor die weg kom en dat ń dogter haar pa se oogappel is… maar jou ma is jou kosbaarste besitting. Waardeer elke klein dingetjie wat sy vir jou doen, luíster wanneer sy jou bel om te hoor hoe dit gaan en moet nooit onderskat wat ń ma vir haar kinders sal doen nie. Maak tyd vir haar en gee terug vir die 18 jaar wat sy jou onder haar vlerk beskerm het. Moet nóóit ooit die tyd saam met haar onderskat nie, ons is slegs hier op geleende tyd.