Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Bea-Marie Steyn

Bea-Marie Steyn

Dorp: Wolmaransstad

Antwoord 1: My ma is my beste vriendin . Die een wat my beter ken as wat ek myself ken . Sy sit haarself altyd laaste . Sy is reg om enige iemand vir my of my twee seuntjies te wees bv. ‘n raadgewer , ‘n sjef , ‘n dokter , ‘n juffrou , ‘n klere maker , ‘n sielkundige en die lys gaan nog aan . Van kleins af , was niks nog ooit teveel om te vra nie . Sy doen alles nog altyd met liefde en tot die beste van haar vermoëns . Al het sy min , sal sy haar laaste gee .

Antwoord 2: Ek onthou , van skool af , was my ma nog altyd daar om elke traan af te vee . Om my te bemoedig of net vas te hou deur elke teleurstelling . Net só ook in die goeie tye . Sy is altyd daar om die goeie tye saam te vier . Sy glo nog altyd meer in my as wat ek in myself kon glo .

Antwoord 3: Maak tyd vir mekaar . Dit is die kosbaarste ding wat ons het .