Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Anel van Wyk

Anel van Wyk

Dorp: Kaapstad

Antwoord 1: As kind het ek aan haar rokspante gehang. Ek wou net by haar wees. Vandag het ek my eie dogter wat heeltyd by my wil wees en ek herleef die gevoel van veilig wees by jou mamma. My ma was en sal altyd 'n rolmodel vir my wees. Iemand wat 3 kinders alleen groot gemaak het en 'n suksesvolle loopbaan gehad het en steeds op 70+ as 'n stelsel ontleder werk. Sy gee als vir haar kinders en kleinkinders en vir my sal dit 'n eer wees om saam met haar op 'n amazing tydskrif soos Rooi Rose te verskyn.

Antwoord 2: Ek dink elke fase in jou lewe speel jou ma 'n ander rol. As kind is dit jou veilige plek,iemand wat vir jou sorg. As tiener meer soos 'n juffrou en leermeester en as jong volwasse raak sy 'n vriendin. Sodra jy self 'n ma word besef jy hoe lief jou ma jou eintlik het en hoe kosbaar daardie verhouding is,in al sy fases. As kind onthou ek die vasklou aanhaar,as tiener die rebel en baklei,maar as jong mens onthou ek die lag en gesels. En as volwasse vrou bewonder ek haar steeds dat sy deur soveel fases so baie moes aanpas. Met 3 kinders met verskillende ouderdomme kan ek nie myself indink om jouself so te moet heen en weer in fases nie. Ek het net een dogtertjie en aanpas en by fases verander is 'n aanpassing. So ek bewonder haar dat sy met ons 3 ons al 3 moes bystaan op verskeie fases. Ons het en sal altyd 'n amazing band hê,want ek sien en leer by haar.

Antwoord 3: As 'n mamma myself probeer ek my kind bystaan deur haar persoonlikheid te aanvaar en vir haar daar te wees soos SY liefhe wil word en haar te dissiplineer en by te staan wat HAAR persoonlikheid pas. Mens kan nie jou kinders groot maak soos jy groot gemaak is nie,want sy/hy is nie jy nie. Ek is ook die generasie siklus breker sodat sy dit nie hoef te wees nie. Ons ouers doen wat hulle kan met wat hulle gehad het,maar as jy bewus is van swak gedrag,dan kan jy beter wees en vir jou kind 'n beter(of probeer) beter rolmodel wees. Kommunikasie,bewustheid en bereidwilligheid om beter te wees is vir my belangrik om 'n goeie verhouding met jou kind te hê.