Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Mia Swanepoel

Mia Swanepoel

Dorp: Mossel bay

Antwoord 1: Die verhouding tussen ’n ma, Mia (mamma Mia) , en haar dogter, Charlize, is iets besonders en diepgewortel in liefde, begrip en vertroue. Ons verhouding is spesiaal. Met Charlize se geboorte het ek as ma gedink ek is die gelukkigste vrou in die hele wêreld en Charlize is die beste geskenk wat ek ooit kon kry. Geweet dat k Lewe raak nie beter as dit nie. Charkize vertel dat Ons verhouding is gebou is op openheid en onvoorwaardelike ondersteuning – my ma is my veilige plek en my grootste ondersteuner, en ek is haar trots en vreugde. Ons deel nie net bloed nie, maar ook herinneringe, lagbuie, trane en lewenslesse wat ons nader aan mekaar bring. My ma lei my met Goddelike wysheid en sagtheid, maar kan my ook dril en streng wews, en selfs wanneer ons verskil, bly daar respek en liefde. Hierdie band is uniek omdat dit mettertyd sterker word en my leer wat dit beteken om lief te hê, sterk te wees en altyd iemand te hê wat in my glo. Sy is altyd daar vir my. - Charlize

Antwoord 2: Ons het laasjaar Mei maand uitgevind dat Charlize op die ouderdom van 19 jaar oud diagnoseer is met Rheumatoide Artritus wat 'n "outo imuun" siekte is. Dit was 'n groot skok op ons, want ons familie is oor die algemeen baie gesond en nie geweet wat die siekte presies behels nie. Ons het 'n homeopaat besoek en Vlgs die dokter moes sy kyk na haar dieet. Die dr het gesê sy sal die res van haar lewe dit onder lede hê. Simptome bv soos "brain fog", depressie, heeldag slaap, gesukkel om te stap, gesukkel om skoene aan te trek, opgeswelde hande en voete, pyn in haar rug snags wanneer sy slaap, sukkel om wakker te word, geen energie en lewenslus nie. Die dr het ook genoem dat selfs die weer met kouefronte haar toestand kan beinvloed. Dit het totaal soos 'n berg voor my en Charlize gelê.. Ek het besluit ek sal baklei vir uitkoms. Ek het my familie en vriende se raad gevra en behoorlik in gespring op die internet en gekyk na wye verskeidenheid "influencers" / "podcasts" om sodoende inligting in te win m.b.t. Rheumatoide Atritus. Hierdie siekte het soos 'n groot trauma gevoel, omdat as 'n ma het ek nie geweet hoe om dit te hanteer nie, omdat Charlize nog só jonk is, om dit te hê. Ons het aanvanklik glad nie geweet watter kosse haar beinbloed nie. Waar begin 'n mens? Ons het aanvanklik begin met die keto dieet, waarna sy gesê het haar pynvlakke het verlig en minder 'flare ups' gekry, maar haar gewrigte het styf gebly. Ek het deurentyd gebid en gelofprys en gesing , veral die lied "Waymaker" hard gespeel. As gelowige kind van die HERE en radikale Christenvrou het ek geglo en vertrou dat GOD 'n plan het met die omstandighede en 'n uitkoms sal gee. Na baie ondersoeke en my skoonsuster se raad, wat reeds meer as 10 jaar 'n karnivoor dieet volg, het ek vir Charlize gevra om die karnivoor dieet te probeer. Die karnivoor dieet is uitstekende eliminasie dieet om uit te vind waarvoor sy allergies is. Ons gesin het saam met Charlize op die karnivoor dieet gegaan, om haar te ondersteun. Binne enkele weke, minder as 'n maand op die karnivoor dieet, het sy drasties beter gevoel, weer so gesond soos sy was voor sy gediagnoseer was. Ons kan met eerlikheid sê sy is 100% genees. Ons sien die outo imuun siekte as 'n onakkurate diagnose deur medici. Want dis verseker nie 'n geval dat haar eie immunstelsel haar aanval nie. Met die ondervinding het ons agter gekom dat dit eintlik voedsel 'n allergie tov toksienes is. Sy kan geen kosse eet wat bv. gluten, suiker, saadolies en grane bevat nie. Charlize sien haarself as bevooreg, omdat sy op 'n jong ouderdom reeds 'n baie gesonde leefstyl volg. As iemand raad nodig het, wil Charlize graag in doe toekoms ook ander help in soortgelyke situasie. - Mia

Antwoord 3: Ma’s moet inthiu gul was ook jonk en hoe hul was tentye van hul dogter se oudedomme en ma's en dogters se verhouding is uniek en emosioneel intens, maar dit verg doelbewuste moeite van albei kante om dit te versterk en te verbeter. ’n Belangrike beginpunt is oop en eerlike kommunikasie, waar beide die ma en dogter veilig voel om hul gevoelens, gedagtes en vrese uit te spreek sonder vrees vir oordeel of kritiek. Wanneer ma’s aktief luister en nie dadelik probeer regstel of beheer nie, voel dogters gehoor en gerespekteer. Net so is dit belangrik dat dogters hul ma’s se perspektiewe probeer verstaan en erken dat ma’s dikwels uit liefde en bekommernis optree. Respek vir mekaar se grense speel ook ’n groot rol; soos dogters ouer word, het hulle meer onafhanklikheid nodig, en ma’s moet leer om vertroue te gee sonder om afstand te skep. Tyd wat saam spandeer word, soos gesels oor ’n koppie tee, ons is lief vjr rooibos tee, saam wndel by die see of eenvoudige aktiwiteite deel, help om emosionele bande te verdiep en herinneringe te bou. Vergifnis is ’n noodsaaklike element in die verbetering van die verhouding, aangesien misverstande en konflik onvermydelik is, veral tydems tienerfase. Deur mekaar se foute te aanvaar en bereid te wees om jammer te sê, kan ou seer genees word. Uiteindelik groei ’n gesonde ma-dogter-verhouding wanneer liefde, geduld en empatie konsekwent bo trots en misverstand geplaas word. Ons het al die jare altyd 'n beaobderse verhouding gehad en het ook komplimente gekry van vriendinne wat gesê het hul wens hul het sulke openlike verhoudings met hul dohters gehad. Ek en Charlize kan metterlik oor alles gesels. Enige onderwerp vir ure lank. Wederydse respek en kommunikasie is van kardinale belang. Mens moet nooit die vertrouensband breek nie. Dogters...Ons dogters Moet altyd onthou, dat hul ma is ouer met meer ondervinding en wysheid. En soos God se Woord ons leer, eer joi vader en moeder, sodat jou dar verleng mag word Efesiërs 6:2-4