
Dorp: Bonnievale
Antwoord 1: Ten spyte van ons ouderdom verskil (mamma is 45 en ousus 18) het ons die laaste paar jaar meer soos vriendinne begin word wat mekaar se klere en skoene leen en saam gaan 'shop'. Ons geniet mekaar se geselskap en ten spyte van ons verskille is dit spesiaal om dit elke dag met mekaar te kan deel en bespreek met elkeen se opinie wat tel!
Antwoord 2: Anmari was vir lank die enigste (bederf) kind in die huis...totdat haar sussie in 2021 gebore is (nou 4) toe Anmari 14 was. As huisgesin was dit n gebed verhoor maar ook weer n aanpassing. Anmari moes leer dat die aandag verskuif het en dit was nie maklik in alle opsigte in die huis nie. Tog het dit ma en dogter gelei tot diep gesprekke wat vandag die grondslag is vir die verstandhouding en innemendheid van elkeen se standpunt.
Antwoord 3: GEDULD! Gee elkeen sy spasie en luister na mekaar met die doel om te verstaan. Maak grappe, praat mekaar moed in en maak tyd om iets saam te gaan doen.