
Dorp: Kaapstad
Antwoord 1: Ek en Jeanne het nie net ‘n mitokondriese verband nie, maar ook ‘n kosmiese konneksie. Ek is in April 1948 gebore en sy in April 1984.. Numeries is daar ook ‘n vreemde verband bv toe sy 5 was, was ek 41 (4+1=5) Sy is nou 41 en ek is 77. ( 4+1=5) 7+7= 14 en 1+ 4 =5 Ons is beide in die Sjinese Jaar van die Rot gebore. Sy is ‘n kunstenaar wat haar B. Beeldende Kubste-graad gebruik om verskeie verwante bedrywe uit te leef: Voëls te verf, safari’s op wynplase aanbied. Ek is ‘n afgetrede onderwyser, voormalige trompoppie afrigter en taalhandboekskrywer. Ons bly in dieselfde huis waar sy ook ‘n Kontemporêre kunsgalery bedryf.
Antwoord 2: Terwyl Jeanne in Kalifornië gebly het, het ek en sy in Kroasië ontmoet en saam vakansie gaan hou. Ons het grootliks telepaties met mekaar gekommunikeer voordat die vakansie werklikheid geword het. Sy was toe 6 maande swanger met haar eerste seuntjie, Marcel. Toe hy gebore is, het ek gaan help. Gelukkig het sy besluit om huis toe te kom en nou is Marcel en sy boetie Simon daagliks deel van my lewe. Ons verhouding is wedersyds goed vir ons: hulle help my om daagliks nog ‘n doel te hê en ek help hulle om deur die grootwordjare te kom. Saans maak ons saam kos en ons eet gesond - spunasie uit haar tuintjie met baie suurlemoene en vis ( veral!) Vandat ons so eet het ons geen sooibrand nie en geen gewigsprobleme nie.
Antwoord 3: Aanvaar verskille en geniet ooreenkomste! Probeer veranderings in leefstyle en moderne tendense verstaan. Ek het grootgeword met baie suiker maar sy probeer dit sovee moontlik vermy. Ek respekteer haar besluite en sy myne al stem ons nie altyd saam nie. Al is ek baie lief vir die twee kleinseuns kan ek hulle nie die hele tyd oppas nie en sy verstaan my besluit. Ek dink sy werk te hard maar ek is terselfdertyd trots op haar werkywer. Sy glo dat jy jou wense en drome moet dokumenteer om hulle te verwerklik en dis vir my ‘n nuwe manier van leef.