
Dorp: L'Agulhas
Antwoord 1: Eerstens is dit vir my n ongelooflike voorreg om n mamma te kan wees. Ek dank die Here elke dag vir hierdie groot geskenk wat ek ontvang het die dag toe ek n mamma geword het. Ek is eerste n seuntjie mamma gewees en toe n dogtertjie mamma en verstaan toe eers waarlik daardie mooi gesegde: “Liewe Jesus het geweet jy het ’n vriendin for life nodig, toe stuur Hy vir jou ’n dogter.” Dit beskryf presies ons verhouding. Ons verhouding is soos ek glo enige ma-en-dogter-verhouding kan wees – party dae is ons baie lief vir mekaar, en ander dae ’n bietjie minder, maar daar is altyd liefde, respek en ’n band wat ons naby aan mekaar hou. Ek dink omdat ek haar emosies soveel beter verstaan as wat sy dink, gee ek haar meer vrye teuels om te wees wie sy is. Sy sal ers die volle omvang van dit besef wanneer sy haar eie klein lyfie vas hou. My dogter Zara-Leigh Cronje weet nog nie dat ek ons vir die ma-en-dogter-kompetisie ingeskryf het nie. Ek hou dit as ’n verrassing vir haar, met die hoop dat ons kan wen en die grootste bederf ooit kan beleef – iets wat net Rooi Rose moontlik kan maak. Om saam so ’n spesiale dag te deel, net ek en my dogter, sal vir my die kroon op mamma-wees wees........as sy soos n feeprinses kan voel en dat haar mamma saam haar "dress up"( regte dress up) kan speel soos kleintyd, sjoe dit sal amazing wees.
Antwoord 2: Om ’n dogter groot te maak, laat my elke dag terugdink aan my eie mamma van hoe sy goed gedoen het. Van doeke ruil, weer terug skool toe eeeen die hare kam (daardie koeke uitkam insidente), oomblikke waar ek ongeduldig raak – en dan skielik besef: my ma het presies dieselfde met my gedoen en nou verstaan ek. Met liefde en verstaan troos ek myself en my poppie. Hierdie oomblikke het my laat groei as vrou en as ma, en dit het ons verhouding verdiep. Ek verstaan nou eers regtig wat my mamma vir my gedoen het en hoeveel dit vir my beteken....dan dink ek sjoe sy was en is eintlik baie baie lief vir my. En dis wat ek hoop ek oorgedra aan my dogter, wat ek weet sy eers eendag tenvolle sal verstaan, besef en waardeer, as sy haar eie klein lyfie vashou.......... en sal sy weet hoe lief ek haar het. Onvoorwaardelike liefde wat ek by my mamma geleer het en eers heeltemal verstaan het toe ek n Mamma geword het. Dat sy weet haar mamma is lief vir haar maak nie saak wat nie, ek het haar onvoorwaardelik lief.
Antwoord 3: My raad is eenvoudig: wees sag met mekaar. Ma’s, wees sag met julle dogters – hulle sal eers alles regtig mooi verstaan die dag wanneer hulle self mamma’s word. Dogters, wees geduldig met ons – ons leer elke dag nog saam met julle. Soos julle groei, groei ons ook, ons is albei van die vroulike geslag en deel soveel emosies en ervarings, soos verskillend maar tog so dieselfde. Ek wil tog nooit soos my ma wees nie, ja ons se dit almal en dan is soveel opsigte is ons so dieselfde en waardeer jy die raad en dissipliene. Wees net daar vir jou kind, sonder oordeel, met onvoorwaardelike liefde – dis hoe Jesus se liefde is en hoe hy verwag ons moet lief he.