
Dorp: Cape Town
Antwoord 1: Sedert baba-dae was ons alreeds baie geheg aan mekaar. Chaney het goed presteer op skool en ons as ouers het haar altyd ondersteun om haar drome te verwesenlik en om net haar beste te lewer. Ek het as Verpleeg Suster wou help om haar droom om haarself as Prokureur te bekwaam , deur in Saudi-Arabia te gaan werk. Met die voltooiing van haar studies, was daar geen studie skuld. Alhoewel ons ver van mekaar was, het ons mekaar gereeld geskakel, gemotiveer en om net te gesels. Die lang afstand verhouding het ons geleer om mekaar te waardeer en om net die beste vir mekaar te gee en om te verseker dat ons altyd kwaliteit-tyd met mekaar spandeer.
Antwoord 2: Ons kontak mekaar daagliks en bespreek werk-situasies, verhoudings en probeer om mekaar se stresvolle situasies in iets positiefs te verander en daaroor te lag. Ons ontlaai sekere situasies teenoor mekaar en gee mekaar emosionele ondersteuning in alle gebiede. As Moeder wie vir 40 x jaar getroud is, gee ek gereeld raad en advies aan my dogter wie nou net 2 x jaar getroud is. Beide van ons hou van kook en bak, deel gebak met mekaar, deel ook resepte en gebruik sulke tye om as Moeder & Dogter om saam lekker te kuier. Ons twee hou daarvan om "pamper"-sessies saam te doen. Ons deel ook teenoor mekaar opbouende kritiek wat ons positief aanvaar om ten alle tye net ons beste voet voor te sit ten alle tye ( in alles wat ons doen en oral waarheen ons gaan).
Antwoord 3: Wees onvoorwaardelik lief vir mekaar, wys dit vir mekaar en se dit vir mekaar. Wees openlik met mekaar, kommunikeer goed en lewer opbouende kritiek waar nodig. 'n Moeder kan rigting gee , maar is nie daar om dogter altyd te lei nie. 'n Ma kan jou Kerk toe neem , maar kan jou nie laat Glo nie. 'n Ma kan haar dogter leer onderskei tussen reg en verkeerd, maar kan nie vir Dogter besluit nie. 'n Ma kan leer om respek te he, maar kan nie haar dogter dwing om eer te bewys nie. 'n Ma kan jou raad gee oor jou vriende, maar kan nie hulle vir jou kies nie. 'n Ma moet altyd positiewe inspirasie gee :- "Dogter, ek is hier om jou te vang indien jy sou val, maar hoop dat jy sal vlieg op jou eie." "Glo in jouself , en jy KAN - jy's amper daar !" .