
Dorp: Paarl
Antwoord 1: Nicola is op 22 November 1994 gebore en was vir my en my man die grootste geskenk ooit - as een van 6 kinders was dit vir my baie spesiaal om hierdie dogtertjie te kon kry. Op 23.11.2021 is my man oorlede 2 weke nadat Nicola gehoor het sy is swanger met haar eerste baba. Haar verjaarsdag is die 22ste November en hy is die daaropvolgende dag - die 23ste November 18h06 oorlede. Nodeloos om te sê - niks sou ooit weer vir haar dieselfde wees nie. Johann was haar pa se seun en my dogter en moes letterlik alles met beide van ons doen - of dit nou 'n lekker spa dag was en of sy moes gaan jag saam met hom - doen het sy dit gedoen. In hierdie tyd van vreeslike hartseer en eensaamheid was sy my enigste troos na die verskriklike skok. Hy is in die Covid periode oorlede na hy letterlik 3 minute op die treadmill gedraf het. Na die oproep aan haar was sy minute later daar ( saam met haar man en haar skoonouers) waarop hulle letterlik mond tot mond asemhaling toegepas het, sy borsbeen gebreek het uit 'n desperate poging om sy lewe te red. Ongelukkig was alles in 1 minuut en 52 sekondes verby. Geen verjaarsdag sal OOIT weer vir haar spesiaal wees. Ten spyte van haar hartseer en verlies het sy alle reelings vir die begrafnis dadelik oorgeneem en alhoewel dit vir haar self een van die moeilikste dinge was, was sy my rots en steunpilaar. Die oggend van die 24ste was haar troos aan my 'mamma jy het nog vir my' - sy ook maar net 27 jaar oud en swanger met haar eerste baba. 2 Jaar na hierdie tragiese dag het sy en haar man en nuwe baba Anmar Johann besluit om die Afrika son te verlaat, en hulle voete te gaan vind in Australië. Nodeloos om te sê - hierdie hartseer volg jou waar is en ons het mekaar se vertroosting geraak. My lewe hierdie kant was een warboel van emosies, verlange en hartseer - nie net na my geliefde man Johann maar oor na my dogter en die nuwe familielid wat duisende kilometers ver getrek het. Ons verhouding het gegroei op 'n baie volwasse manier nie net as ma en dogter, maar ook as mekaar se beste vriendinne. Ons het 'n reeling om elke liewe oggend net na 8 met mekaar te gesels en koester hierdie ma/dogter verhouding deur al die kilometers heen. Ek is dankbaar om mekaar te hê en is vir die Vader ewig dankbaar dat ons die voorreg het om mekaar baie gereeld te sien - nietemin van die afstand. Nicola was eintlik maar nog 'n jong vrou was het die hartseer, verlies verstaan en was bereid ten spyte van haar struikelblokke en ewige verlange na haar geliefde pa, om ook my rots en pilaar van hoop te wees.
Antwoord 2: ( Ek sit sommer hoekom en waarom alles in die vorige kolom)
Antwoord 3: Koester die verhouding van baba-dag - dogtertjies het hulle maniertjies , maar ons as mamma's kan vir hulle deur gebed en leiding die nodige fondasies en grondslag lê. Wees die warmte waarna hulle verlang as hulle nie meer in die huis is, maar is ook die persoon wat die nodige liefde en leiding in goeie en hartseer tye gee - niemand van ons is volmaak of weet altyd wat is reg en verkeerd, maar omstandighede gee ons die kans om bo dit alles uit te styg en tog mekaar se grootste aanhangers en vertrouelinge te word.