
Dorp: Witbank
Antwoord 1: Ek (Juanri Jansen van Rensburg) het groot geword op ʼn plaas net buite Sannieshof in Noord- West. ʼn Klein dorpie soos dié het nie veel mense nie, en daarom word jou familie jou alles. Tussen die bokke en beeste, het ek groot geword met ma se hand wat my die pad goed gewys het. Vriendinne en maaitjies het ek en ma nie veel van gehad nie, en ons kon maar net op mekaar steun, dis hoe ons verhouding begin het. Van saam koekies bak, verf en puzzle bou, soos elke klein meisie saam haar ma, het ons tye saam nie daar gestop nie. Toe die hoërskool dae my tref, het my en ma se verhouding nog dieper wortels geskiet. Ouboet was toe uit die huis uit, en net ek, ma en pa het oor gebly in die huis. Ma was altyd daar as my heel beste vriendin, my steunpilaar, my advokaat en my moeder, en ek was daar vir ma as haar steunpilaar, haar beste vriendin en haar klein bondeltjie geluk om die leë nes sindroom te help hanteer. Saam doen ons alles, ek kan eerlik waar sê dat ek.die heel beste vriendin in my ma gevind het, as ek geval het is sy my moeder en gee my ʼn pleister, as ek wil huil is sy my trooster, en as ek help nodig het is sy my raadgewer. Maar sy is ook my heel beste vriendin, ek kan my hele hart met haar deel en ek weet sy bewaar my diepste geheime soos goud. Ek is baie lief vir ma en waardeer haar ongelooflik baie.
Antwoord 2: Ek (Juanri) het in Augustus 2025 my goedjies gepak en Nederland toe gevlieg vir ʼn jaar as ʼn au-pair vir ʼn Nederlandse gesin. Dit was rerig vir my en my ma (Leonie) ʼn moeilike tyd en dit het ons verhouding na ʼn ander vlak toe gevat verseker. Vir die eerste keer was ons 13,000 km van mekaar af en kon nie net gou vinnig by mekaar kom vir ʼn koppie koffie of ʼn drukkie nie, en moes maar gecope het met net foon oproepe. Dit was nie maklik om skielik als op my eie te doen nie en nie my ma by my te hê deur dié seisoen van die lewe nie. Ek moes skielik sonder ma winkels toe gaan, klere koop, medisyne koop, en dis waar dit my getref het hoe belangrik my ma vir my was en steeds is. Eks nogsteeds in Nederland en dis nie elke dag maklik om so ver van die huis af te wees nie, en ek weet dis vir my ma baie moeilik om nou geen kind in die huis te hê nie, en dit laat ons verhouding definitief groei.
Antwoord 3: As ek raad moet gee vir ʼn ma en dogter is dat julle mekaar se beste vriendinne moet wees. Geen verhouding is so spesiaal soos ʼn ma en dogter wat beste vriendinne is nie en wat oop is teenoor mekaar sonder geheime want dit het altyd die vermoë om verhoudings te verwoes. Wees daar vir mekaar en as dogter is dit ook belangrik om nie jou ma te verlyk nie en haar te waardeer net soos wat sy is.