Dorp: HOEDSPRUIT
Antwoord 1: Kettie & Klip is wat mense ons noem!Dis altyd so opvallend vir mense dat daar n baie spesiale band tussen ons twee is. Ons is dieselfde mens net in verskillende ouderdoms fases. Vanaf kleins af het was daar n vertroue van Christi af om te weet hierdie Ma kan jy op staatmaak dag en nag! Dit het ons band van kleins af baie sterk gemaak. Hierdie ma het altyd alles geweet want sy moes net al die geheime met my deel. Soos sy nou ouer en meer volwasse geword het , kon ek ook op haar steun in die opsigte dat ek ook somtyds op haar skouer kon huil of sommer net whatsapp as ek af was. Dit het ons band net sterker gemaak. Christi was haar hele skool loopbaan in die koshuis en dankie tog vir selfone want sonder dit sou ons dit nooit kon maak nie. Elke dag word daar oor en weer geklets en al die geheime gedeel en oor raad gegee. Ouer aan dogter en dan weer Dogter aan ouer. N ma het die ervaring maar n moeder het ook nou en dan goeie raad van n jonger geslag nodig. En vir my was dit so lekker dat sy my ook kan help al is sy jonger as ek. Sy verstaan my so goed. Ons het sterk persoonlikhede en somtyds stamp ons koppe maar nie een van ons hou daarvan om kwaad te wees vir lank nie. Ek het Christi ook geleer dat die lewe is so kort n mens moet nooit kwaad gaan slaap nie. Dit het gemaak dat ons vinnig ons woorde het en dan daaroor redakawel maar nooit kwaad uit mekaar gaan nie. My dogter is my beste maat en regtig vertroueling en visa versa. Ek weet haar diepste geheime.Ons albei kan met trots se dat ons n baie diep en verstaanbare verhouding het. Dit is vir ons die lekkerste om tyd saam te spandeer waar ons kan. Christi is my trots en ek haar anker!
Antwoord 2: Christi het in 2025 matrikuleer. Graad 12 was van die begin baie besig. Sy het gedroom om Akademia toe te gaan en LLB te gaan studeer. Christi is nog altyd n slim kind maar so bietjie lui gewees. In Graad 12 het sy besef nou moet ek wakker word en hard begin leer. Net die bestes word gekies en net sy en sy alleen kon haar droom verwesenlik. Omdat ek geweet het wat my kind toe in staat is, het ek dit so verwelkom toe sy wakker skrik, en se: Mamma, ek gaan die jaar hard leer maar soos in hard!Ek gaan die droom van my waar maak. En daar begin ons "journey" Tussen in moet ons Matriek afskeid rok gaan soek. Ry op Pretoria toe en slaap oor. Ons het net 1 dag om die droomrok te kry. Pas n klomp aan en hier op die einde trek sy n rok aan en een kyk na mekaar weet ons dis die een. Geen verdere woorde was nodig nie. Tweede kwartaal was n groot eksamen. Ma ondersteun en weet presies watter dag word wat geskryf. My senuwees is ook klaar asof ek ook eksamen skryf. Laat nagte bel ons en troos en praat moed in. "Future" Christi gaan bly wees oor die laat aande se leer! Dis ons leuse. As sy moeg is, praat ek moed in en herinner haar aan ons einddoel. Rekord eksamen kom en dis vir my regtig erg. Ek is in Hoedspruit en sy in Tzaneen. Ek kan net whatsapp en bel en net daar wees! Matriekafskeid net voor eindeksamen. Sy was so bang die weer gaan sleg wees vir die foto dag en ek het net gese: " Nooi vertrou my alles gaan uitwerk! Ons Hemelse Vader is in beheer. Mooiste dag vir die fotos. Mooiste matriekafskeid wat net so perfek was. Eindeksamen hier kom ons. Nagte en nagte se leer en moeg kind. Daar was dae wat ek nie kon fokus nie dat ek net die horlosie dopgehou het en gewag het vir die oproep na elke eksamen. Matriek uitslae kom die oggend uit. Christi het 3 onderskeiding! Man, wat n trotse oomblik vir haar en vir my. Alles was so die moeite werd gewees.Die net daar wees vir mekaar was genoeg! Haar droom en ook myne het waar geword. Sy is aanvaar by Akademia en ook in die koshuis.Al is sy ver nou deel ons alles oor whatsapp. Wat n voorreg om so n wonderlike verhouding te he!!!!!
Antwoord 3: N goeie verhouding word verseker gebou van kleins af. Ek kan nie meer klem le op die volgende nie. VERTROUE! VERTROUE EN NOGMAALS VERTROUE! Dit bou die hoeksteen van n goeie en gesonde verhouding. As die fondasie gele is kan julle albiei net op dit bou en glo my dit sal vanself groei soos die tyd aangaan. As ma moet jy ook weet dat jy soms verkeerd is. En dit so aanvaar en dit erken. Geheime wat gedeel word tussen mekaar moet net daar bly. Dit maak die band soveel sterker. Wys liefde vir mekaar. Mense om jou sien dit raak