Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Karien Janse van Vuuren

Karien Janse van Vuuren

Dorp: Klerksdorp

Antwoord 1: Om net vir mekaar te kyk, is genoeg om histeries te lag, veral as ons dieselfde ding raakgesien het. Dis asof dieselfde dinge vir ons snaaks is. Lanél is nie baie geheimsinnig nie en sal my sommer vertel as sy op ‘n Saterdagaand met ‘n koek in haar Golfie se kattebak resies gejaag en gewen het. Ons albei hou vreeslik van dans en kan ure in die plaaskombuis dans op musiek met baie ritme. Lanél hou vreeslik van reis en oortuig my gereeld om in die kar saam haar te spring Augrabies of Kaap toe. Ons is beste “travel partners” en kan ure gesels. Ons het ‘n hegte band en ‘n verhouding wat geseënd is, ons is goeie vriendinne en ondersteun mekaar in elke aspek van ons lewens. My ma is die mens met die mooiste en sagste hart wat altyd glimlag. Sy stap vir elke mens wat sy teekom die ekstra myl en vir my nog meer. My ma is my beste vriendin en ek voel so bevoorreg om haar deel van my lewe te kan hê. Niks is ooit te veel gevra nie en op ‘n slegte dag voel dit asof net ‘n drukkie van haar enige iets kan beter maak. Ons vertrou mekaar en kan deel in die goed en sleg van die lewe. Tyd saam met my ma is so kosbaar en wil dit vir niks verruil nie. My ma het ons geleer van die Here, om lief te hê sonder perke en om almal regverdig te hanteer. Ek glo vas sy is ‘n Engel wat gestuur is om die wêreld ‘n beter plek te maak. Ons is bae lief vir mekaar en eer mekaar.

Antwoord 2: My man het in 2019 in Amerika gaan boer en op daai stadium was Lanél ‘n AuPair ook in Amerika. Ek was so bekommerd want ek het alleen saam my bejaarde pa op die plaas agtergebly en ek sou nooit by alles kon uitkom nie terwyl ek voltyds ‘n onderwyseres is nie. Lanél het kort daarna laatweet sy kom terug en sy gaan boer. Ons het elke oomblik so geniet en di boere in die omgewing het haar geprys vir alles wat sy regkry. Ons het mekaar gedra in moeilike tye en in goeie tye. Om ‘n boerdery te bedryf waar ons twee dames is wat nie veel kennis oor enjins, implemente of diere en groente het nie, het ons elke dag gegroei en geleer. Ons het vir ‘n langnaweek Kaap toe gevlieg vir Lanél se paspoort omrede ek bang was iemand vang haar het ek saamgegaan en ons het die lekkerste ervarings gehad, van ‘n piepklein huurmotor wat nie oor een berg wil ry nie tot die man langs my op di vliegtuig wat hom doodlag omdat ek ‘n volwasse dogter wil oppas in die Kaap, hy meen hulle bly in die “Boereworsgordyn” en dit is alles behalwe gevaarlik. Ons het twee maal vir ‘n dag Augrabies toe gery vanaf Noord Wes net om te sien hoe mooi in vloed dit is. Ons het so gelag, wyn geproe en papnat geword. Ons is immers travel partners wat mekaar goed aanvul. Die goeie en slegte tye het ons geleer om mekaar te dra en te ondersteun, ons het hande geneem en geweet ons kan net op die Here vertrou.

Antwoord 3: Wees lief vir die Here, want Hy seën verhoudings. Doen dinge saam en ondersteun mekaar soveel moontlik, sonder om mekaar se spasie te oorheers.