
Dorp: Johannesburg
Antwoord 1: ONS is beste-este maatjies, mekaar se veilige plek en mekaar se lekker-diep-lag-tot-ons-huil plek. Ons is mekaar se eerste bel plek met goeie nuus, en mekaar se gebeds kampioene. My ma het my geleer dat die Here n doelwit het met elke seer, al is dit die diep seer van onvrugbaarheid, of stres f van finansies vas knuip. My ma het my gewys dat teleurstellings nie n mens hoef te defineer nie, soos toe my Pa uitgestap het toe en 5 jaar oud was, en my ouboet skaars 9. Of toe ek nie terug graad 10 toegelaat was nie as gevolg van skoolfooie wat agter was, maar sy bly glo en bid- “my kind, die Here maak n pad waar daar geen paaie is nie”. Ons is saam deur mediese skool waar my ma my aangemoedig/ saam gestoei het, deur al die eksamens (sy verdien my MBBCh en die “deans list” erkenning wat ek in finale jaar gekry het). Ons was saam op ons kniee vir my toekomstige man gewees - en dit was juis vir my ma wie my man sy badjie gegee het daairdie een koue dinsdagaand in Chrissiesmeer (van alle plekke) Ons is ma en dogter, vinkel en koljander, soos warm botter op vars gebakte brood. Dis my “Moo” en ekke.
Antwoord 2: Dit was my graad tien jaar toe ek nie terug skool toe kon gaan nie as gevolg van skoolfooie wat uitstaande was. Ek was die enigste mens in die graad wat goed gedoen het op n chemie toets en ek kon nie wag om vir my Mamma te se nie. Met n swaar hart moes my ma die nuus vir my gebreek het. Maar sonder twyfel of huiwering het ek my ma n belofte gemaak, “Moo, moenie worry nie. Die Here maak altyd n plan waar ons skaars enige iets kan sien. Eendag sal ek Mamma Italia toe vat en ons sal daar gaan sing oor die Here se goedheid”. Dit was presies 2 dae later toe n onbekende polis van my Ma uitbetaal het, wat presies genoeg was vir al haar debiet aftrekkings en die skoolfooie. Presies tien jaar later, het ons deur die strate van Milan gestap en sing oor God se betroubaarheid.
Antwoord 3: Oop kommunikasie is die heel belangrikste. Luister om te verstaan, nie om te antwoord nie. Wees uitspattig en laf saam. Vier en huil en baklei saam. Solank dit saam is, gaan julle dit maak.