
Dorp: Hartswater
Antwoord 1: Ons bly in Vaalharts op n klein dorpie in n plaas gemeenskap Hartswater. Ek is Agnes & my dogter is Nicita en van ons kosbaarste oomblikke is om sommer net kaalvoet om die kombuis tafel te sit lelik lag , gehuime te deel en te gesels oor die hoekom's , waarom's en uitdagings wat die lewe bring! Ons leer baie uit mekaar se perspektiewe & ons probleem is nie so seer om oor die weg te kom nie, maar eerder om weg van mekaar te wees. Nicita sê altyd dat sy by my geleer het dat keuses belangrik is en niks ooit die Here se skuld is nie. Dat God se plan vir ons lewe volmaak is en dat n onwrikbare geloof daarin die sleutel is tot n vreugdevolle lewe.
Antwoord 2: Ek het al oor die 30 jaar n baie besige skoonheidssalon en in 2021 het Nicita deel geraak van die besigheid. Nuwe idees en ou praktyke het maar gebots en ons het gesukkel om die nuwe dinamika in ons verhouding oor ek nie net mamma was nie maar ook die werkgewer, te laat werk. Deur baie liefde, respek en absolute eerlikheid het Nicita my geleer om konflik, waarvan ek altyd weg geskram het, te kon hanteer en deur dit vir my n baie sterker stem gegee in baie ander opsigte. Sy is ook my steunpilaar met my liefste mamma se dementia. Nicita sê altyd dit kom vir my moeiteloos om mense te versorg en lief te hê en dit het haar geleer om met ander oë na mense te kyk en opreg om te gee vir ander. Vir ons albei is persoonlike groei baie belangrik en ons skroom nie om introspeksie te doen nie.
Antwoord 3: n Ma en dogter verhouding is ongelooflik heilig en moet gekoester word. Mamma’s, om jou volwasse dogter regtig te HOOR en nie onmiddelik te reageer uit jou spasie van ouerskap nie en selfs n tydjie te neem en mooi daaroor te gaan dink. Dogters, om meer “grace” te hê vir jou ma, want sy is nie net n ma nie, maar ook n vrou met haar eie behoeftes en seer. Gesonde verhoudings tussen mense is vir ons albei baie belangrik en ons wil graag vrouens bemoedig en wys dat daar altyd hoop is.