
Dorp: Balfour
Antwoord 1: Ons was nog altyd ‘n baie hegte gesin. Dit is die gevoel wat in ons harte lê en wat ek en Danel uitleef teenoor mekaar. Ons is daar vir mekaar – ons ondersteun en luister, sy vra raad as sy onseker is en ek deel met liefde. Ek weet dit is ‘n groot voorreg om so spesiale verhouding te hê tussen ‘n ma en ‘n dogter. Ek dink waar ons dit beslis besef het, was gedurende haar jare terwyl sy as Biokinetikus gestudeer het. As daar iets lekkers of spesiaal aangebied was het sy dadelik vir my gevra om asseblief te kom en dit saam met haar te kom deel. Party van die ander studente kon nooit verstaan - hoekom wil jy jou ma daar hê - dit was vir ons super spesiaal – afstand was geen probleem nie, die 3 en half ure se ry was vinnig afgelê. Omtrent elke aand sal ons mekaar “video-call”, opgewonde om haar dag se spesiale aktiwiteite met ons deel. Danel het ook van kleins af my liefdestaal aangeleer naamlik om altyd vir iemand sommer net ietsie te gee – al is dit net ‘n koffie! Ons spesiale bederf as ons bymekaar uitkom is ‘n lekker koffie met ‘n “soet bederfie” daarby. Vanaf Danel se Hoërskool dae het ons partykeer as dit moontlik was saam geoefen. Ons geniet dit om saam fiets te ry op die plaas – het ook al verskillende fiksheids uitdagings gedoen – ek moet sê dit was pret, ons kon mekaar motiveer en help! Ons sal die wêreld versit vir mekaar, om mekaar te help en om iets te doen wat die ander se lewe makliker kan maak. Danel is gedurende laasjaar getroud met haar skool liefde – Stefan – nou groei ons verhouding op ‘n ander manier. Ons altwee werk en moet ons kuiertjies goed beplan – maar nogsteeds as sy iets nodig het, sal ek na skool in die motor spring en deur ry na haar toe – ek wil, ek kan, en ek doen dit met liefde! Ons was so bly gedurende Desember 2025 toe ons altwee verlof gehad het, het ons gereeld ‘n uitstappie stad toe beplan met die heerlike vooruitsig om iets mooi vir hul nuwe huis te koop. Ons het nog altyd tyd gemaak om iets spesiaal saam te doen. Ons gunsteling - om ‘n lekker liefdes of kersfeesfliek te kyk, met springmielies en ‘n paar bederfies, dan sak ons elkeen neer op ‘n bank voor die televisie. Gedurende die flieks gesels ons en kuier ons – dis ons super spesiale tye wat ons altyd sal probeer behou en voortbou daarop. My Ma is 'n alles in een Moeder! Sy is my rolmodel, "super woman", 'n wonderlike vrou en ma en 'n beste vreindin!
Antwoord 2: Gedurende Danel se derde jaar het sy sieklik siek geword - intense borspyne begin ervaar(volgens dokters het dit elke keer gevoel soos ‘n hartaanval) – weereens kon ek gelukkig afkry en was by haar – sy was vir alle moonlikte hart skanderings – ondersoeke - baie verskillende dokters, maar kon niks kry nie – die pyne het aangehou. Na elke dag se toetse en dokters besoeke het ons besef daar is soveel wat moontlik kan fout wees, maar as ons die uitslae kry en dit was negatief was ons dankbaar. Na baie bloedtoetse het ‘n dokters vriend vermoed sy het moonlik die “Coxsacki virus” het, of sy het dit gehad – bloedtoetse het getoon dat sy dit gehad het en dat dit ‘n infeksie veroorsaak het in haar hartsak – ons fikse, gesonde dogter wat altyd glimlag se lewe het skielik verander. Sy mag nie meer geoefen het nie – sy moes probeer rustiger raak, maar dit was moeilik met haar finale jaar wat begin het. Sy het gereeld vir infeksie behandelings gegaan – ons het baie naweke deurgery Witrivier toe – vrydag haar eerste behandeling ontvang, dan saterdag weer en sondagoggend na die behandeling weer in die pad geval terug huis toe en sy weer terug Potchefstroom toe. Hulle het haar voorberei dat hierdie pyne vir 2 jaar sou aanhou en daarna sou die infeksie ligter raak. Gedurend hierdie twee jaar was daar baie trane – baie oproepe deur die nag – waar sy net met ons wou praat terwyl die pyn so erg was. Ons het mekaar gedurende hierdie moeilike tye - in ons harte, in ons gebede en ons geloof in ons Hemelse Vader gedra. Pyne het verbeter met verloop van tyd – na haar studies kon sy begin werk en weer lekker begin oefen. Ons dank ons Hemelse Vader vir sy genade gedurende hierdie tyd – as Ma het ek gewens ek kon haar pyne vat, maar ek kon haar net help en bystaan gedurende hierdie moeilike tyd. ‘n Tyd wat mens net weer besef jou geliefdes is kosbaar – wees lief vir hulle.
Antwoord 3: Onthou julle is twee verskillende mense maar partykeer lag ons lekker oor ons smaak verskille, ons respekteer mekaar. Hoe jy jou dogter grootmaak gaan ‘n baie groot invloed op julle verhouding hê. Spandeer tyd saam – maak tyd, al is dit net met ’n koppie tee in die hand, saam iets te bak of oefen saam. Probeer altyd iets anders saam doen as net die gewone in jul daaglikse roetine. Daardie dinge wat jul saam kan doen hoef nie ‘n duur uitstappie te wees nie, partykeer is dit die spontane, “goedkoop” vreugdes wat onvergeetlike herinneringe skep. Elke iets wat ek saam met Danel kan doen bly spesiaal, as ek rustig deur my foto’s loer op my foon kry ek stilletjies ‘n glimlag van vreugde, trots en dankbaarheid. Onthou om altyd foto’s te neem as jul saam is – vang daardie kosbare tye vas. So lekker om altyd so ‘n kosbare foto op ‘n profile of “status” te deel – deel jou trots en jou geluk met jou mense! Danel is my spesiale dogter, my dogter wat altyd sal tyd maak vir my en ek sal altyd daar wees vir haar. ‘n Klein bederfie gereeld is kosbaar. Wees lief vir mekaar, dis ‘n voorreg!