
Dorp: Alldays
Antwoord 1: Ek en my ma is nie net ma en dogter nie, ons is beste maats. My hele lewe lank is sy die een warmee ek kan praat oor alles en van alles. Ons is onafskeidbaar, ek kry huisverlange as ons mekaar vir langer as n week nie sien nie. In enige plek sal ons altyd na mekaar soek, altyd mekaar se veilige plek.
Antwoord 2: Solank my ma daar was, was dit goed. My ouers het besluit om af te gaan tree op n wildsplaas in Alldays. Dit was die eerste keer in my lewe wat ek ver van my ma af moes wees. Dit was die langste jaar van my lewe, tussen deur al die verlange was ek ook nog besig met n egskeiding. Ek en my ma kon nie met mekaar eers gesels nie, trane het heeltyd geloop. Genadiglik het die Here n plan gehad, waarby ek en my seuns na hulle toe getrek het op die plaas. Dankbaarheid was n “understatement” maar nou is ons verhouding nog sterker omdat ons mekaar so baie waardeer.
Antwoord 3: Elke ma en dogter verhouding is anders. Ek voel natuurlik ek het die beste ma in die hele wereld, as ek die helfde van die ma kan wees wat my ma vir my was/is, het ek my doel bereik in die lewe. Ons raad sal wees, om net daar te wees vir mekaar, niemand het iemand nodig wat heeltyd net wil se wats reg en verkeerd nie, maar om net te weet iemand het jou, is genoeg! Was lief vir mekaar sonder voorwaardes!