
Dorp: KAAPSTAD
Antwoord 1: Wat ons verhouding so spesiaal maak, is die onvoorwaardelike liefde wat my ma my gegee het, spesifiek toe ek ’n moeilike tiener was. Sy het my nooit veroordeel nie, en daardie ruimte om te wees wie ek is, het my ’n veilige hawe gegee vir die res van my lewe. Sy het my geleer dat eerlikheid die grondslag van alles is. Ons bel mekaar direk as iets pla, al is dit moeilik om te hoor. Hierdie openhartigheid het ons toegelaat om te groei. Ons deel ook klein tradisies tot vandag toe nog; soos skelm sjokolades in die kombuise eet en skree van lekkerte wanneer iets amazing met ons gebeur. Ons verhouding is uniek omdat ons mekaar se harte verstaan en dit maak die band tussen ons kosbaar en sterk.
Antwoord 2: Ons het wonderlike tye beleef; van ons 7-Eleven warm-brood-breek Vrydae aande tot ons Turkye avonture. Saam het ons mekaar en die wereld verken. Ons ritte Namibië toe, haar kenmerkende Kenna koffie langs die pad en hoe veilig ek in die motor langs haar gevoel het. Die minder goeie tye, soos familie wat ons verloor het, het ons laat besef hoe diep ons mekaar verstaan. Ons was daar vir ons geliefdes, en nog meer vir mekaar. Elke ervaring, tot al die uidagings het ons verhouding verdiep en laat groei. Dit gaan oor die memories saam. Hoe meer momories ons saam kan maak, hoe meer groei ons verhouding
Antwoord 3: Ons raad is om ’n basis van eerlikheid en begrip te bou. Wees direk, bel mekaar wanneer iets pla. Skep tradisies wat net julle verstaan. Vanaf reisavonture tot skelm sjokolades. Geniet die klein oomblikke, maar wees ook daar in die moeilike tye. Luister na mekaar se harte, dis die mees belangrikste. In die klein gebare en die opregte gesprekke, versterk die verhouding en maak dit dit werklik spesiaal.