Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Hester Nigrini

Hester Nigrini

Dorp: Langebaan

Antwoord 1: Hester - Na ek my oudste dogter in 2012 op 37 jarige ouderdom verloor het aan kanker het my verhouding met Elmarie baie verdiep, omdat ons weet hoe kosbaar tyd saam is. Ek het altyd n baie hegte verhouding met my dogters gehad maar hoe ouer sy geword het, hoe dieper en hegter het ons verhouding ook geword. Ons praat gereeld met mekaar al kan ons nie fisies altyd bymekaar wees nie. Ons doen ook soos haar werk dit toelaat sulke ma en dogter weggaan tye wat vir my baie kosbaar is. Ons is nie net ma en dogter nie maar ook vriendinne, baie spesiale vriendinne. Elmarie - Die tyd wat ons saam deur bring, is vir my ongelooflik kosbaar. By my ma kan ek my hart oopmaak en weet ek is in n veilige ruimte - sonder enige oordeel. Sy deel wysheid, bid saam met my, en omvou my met haar liefde. Ons stap ook saam op n Geestelike pad om ons verhouding met die Here te versterk. Ek glo vas dat wanneer jou verhouding met die Here in plek is, al die ander verhoudinge natuurlik sal volg. En ek weet.....my ma is altyd daar vir my.

Antwoord 2: Verseker die 18 maande wat my oudste dogter om haar lewe geveg het. Dit was vir ons verskriklik erg toe sy gediagnoseer is met kanker. Dit het ons hele gesin baie erg getref juis omdat ons so hegte verhouding gehad het. Ons het een keer per week saam as gesin geëet en baie naweke ook. Dit was net normaal om so baie tyd met mekaar deur te bring. Dit was baie moeilik om weer die drade as gesin op te tel na haar dood, maar n mens besef net daar is ander wat jou ook nodig het. Elmarie - Ons gesin het baie nader aan mekaar gegroei toe ons my suster se kanker diagnose in die oë moes kyk, haar op die moeilike pad van versorging moes bystaan, en uiteindelik haar heengaan moes verwerk. Die ervaring het my weereens laat besef hoe kort en kosbaar die lewe is. Die tyd wat ons saam met ons ouers en gesin het, moet gebruik word om mekaar se teenwoordigheid te geniet, saam dinge te doen en herinneringe te bou - dit is nie tyd om aan haat, onvergewensgesindheid en verwyte vas te klou nie.

Antwoord 3: Hester - Spandeer tyd saam met mekaar. Werk aan julle verhouding. Dit is n kosbare geskenk wat jy van die Vader ontvang het, gebruik dit. Kinders is ons geskenke, maar ook net vir ons geleen. Daar is niks so bevredigend soos die wete dat jy en jou kind op n goeie pad is nie. Daardie eenheid en liefde kan met niks anders vervang word nie. Dis kosbaar! Elmarie - Maak doelbewus tyd net vir julle twee - ma en dogter - weg van die rumoer en verantwoordelikhede van die alledaagse lewe. Skep saam nuwe herinneringe, ontdek nuwe ervarings, neem deel aan werkswinkels, reis saam, en deel die diep, eerlike gesprekke wat julle harte nader aan mekaar bring.