Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Anja & Alexja Coetzee

Anja & Alexja Coetzee

Dorp: Bloemfontein

Antwoord 1: Ek het nie geweet dat ek SO LIEF kan hê, voordat Alexja gebore is nie. Sy is my gunsteling mens om mee te lag, te huil, impulsief te wees en saam, alleen te kan wees. Ek was "daai Ma" wat ALTYD ORAL was en niks wou mis nie, al wou sy my nie daar gehad het nie 😉 Vandag is sy 'n Veearts student in Pretoria en dit het beteken dat sy uit ons huis moes trek, einde van my lewe het ek gedink, maar dit was 'heartwarming' om te sien hoe onafhaklik en sterk sy is, sonder my. Ons is baie impulsief (my arme man) bungee jump, sky dive, piercings, tattoos en lief travel. Ek staan haar darem af aan haar Pa vir hulle jaarlikse jag trippies. Een van ons baie spesiale dinge is om saam te bad, as sy vir my sê "Mamma sal jy saam met my bad" dan weet ek sy het iets op die hart, ek waardeer die meeste dat sy die vrymoedigheid het om met my praat oor enige iets, goed of sleg. Sys perfek. Love her MOST ❤❤ `````````````````````````````````````````````````` My Ma, Anja, is rerig my beste vriendin, maar sys steeds my Ma, daar is nogal ‘n ‘fine line’ maar ons twee kry dit BAIE goed reg. Ek is ‘n enigste kind so ek kry MEGA liefde en aandag, ek het groot geword in volwasse geselskap, en my Ma het letterlik nêrens sonder my gegaan nie, sy het geglo niemand kan so goed na my kyk soos sy nie. Sy het toe ek 10 jaar oud was vir die 1ste keer my alleen by my Pa gelos vir net ‘n naweek in die Kaap, sy het van Bloemfontein lughawe tot in die Kaap gehuil, en om toe haar naweek kort te knip, breek ek my arm, my arme Pa… My Ma het daarna nooit weer weg gegaan nie. Dit was baie swaar vir my om Pretoria toe te gaan vir my studies, maar dit het my Ma weer tyd gegee om bietjie aan haarself te dink en haarself 1ste te stel. I am because of her ❤

Antwoord 2: Van goed na minder goed tot baie goed ... My kind wou al 'n Veearts word vandat sy 2 jaar oud was en dit het NOOIT verander nie, daar was ook nooit 'n Plan B nie. Ons het geweet dat sy die intelektuele vermoë en passie daarvoor het, maar ons het ook geweet dat dit bykans onmoontlik is om keuring te kry, veral in Suid Afrika wat net een Veearts Fakulteit het. Sy het alles en nog meer gedoen wat nodig was om te kan aansoek doen, ons het die land vol gery sodat sy by al die verskillende veeartsrigtings kon 'shadow' sy het baie hard gewerk op skool en het uiteindelik aansoek gedoen met haar GR.11 punte, ja en ons was positief dat sy keuring sou kry, sys gebore om die te doen, happiness😍 Ons was met vakansie gewees toe die matriek uitslae van 2023 uitkom, die champers was reeds op die ys gewees, toe sy haar punte kry het sy vir alles wat belangrik was onderskeidings gekry behalwe een vak, en dit het haar hart gebreek. Sy is toe op die waglys geplaas en het nie keuring gekry nie, ons harte was stukkend omdat sy so seer het, haar droom is nou op 'hold' geplaas. Sy het begin twyfel in haarself en dit was seer om te sien, ek het altyd vir haar gesê jy is goed genoeg om enige iets te kan doen. Januarie 2024 is sy Tukkies toe as 'n BSc student, wat sy nie wil wees nie. Sy het weer aansoek gedoen en weer nie keuring gekry nie, op die stadium het sy al hoe meer begin twyfel in haar "abilities"omdat 3 van haar vriende toe keuring gekry het. Sy is 'n baie gelowige kind wat so naby aan die Here gelewe het en sy het bly sê as dit die droom is wat HY in my hart geplaas het toe ek 2 jaar oud was dan moet HY my tot daar dra. Ek het klein gevoel dat my kind so sterk staan. My Moederhart was trots maar seer vir my kind wat soveel drome het. 23 Januarie 2025 kry sy die E.Mail dat sy keurig gekry het, WOW dit was groot, baie groot. Ons het gehuil, gelag, gebid en verder gehuil. Die hele proses van teleurstelling, troos, kwaad en twyfel het ons nog nader aan mekaar gebring. Ons is çloser'as ooit, ons droom en spaar en beplan nou as 'n gesin aan haar Veearts praktyk, ek kan nie wag nie. Ons motiveer nou ander kinders wat dieselfde paadjie stap as sy, Never Give Up on your Dreams.

Antwoord 3: Hiervoor het ek rerig nie so baie woorde nie, maar ek glo dat om 'n oop verhouding van vertroue met jou dogter te hê van kleintyd af, is ons wen resep en moenie úit-freak nie, maak nie saak wat sy jou vertel nie, Mamma! Dogtertjies praat mos baie, so wanneer ek haar altyd by die skool gaan haal het, het sy my ALLES vertel wat sy gedoen, gesien en gehoor het. Nie alles was so lekker om te hoor nie, maar ek het op my tong gebyt en haar uitgeluister en dan raad gegee as dit nodig was, ek herhaal ... sonder om uit te freak, anders vertel hulle jou nie weer nie.