Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Salma le Roux

Salma le Roux

Dorp: DURBANVILLE

Antwoord 1: Kimberly en ek is soos tee en scones- ons hoort net bymekaar. Ons twee vul mekaar aan en is meer as net Ma en dogter, ook vriendinne en confidante. Sy weet dat ek altyd daar is vir haar- vir die soet en die sout van die lewe. Sy weer, gee vir my oneindige vreugde en ondersteuning. Ons verstaan mekaar en weet ons kan ons vreugdes en hartseer met mekaar deel. As ons verskil van mekaar, is dit kort en kragtig; ons vind n middeweg en gaan aan. Ons respekteer mekaar. Dit klink seker te goed om waar te wees, maar ons kan seker ons negatiewe oomblikke op twee hande tel, indien so baie. Ek het nog altyd daarin geglo dat Kimberly haar eie persoon is. Sy is sag soos earl grey tee en empaties, tog hardkoppig as sy in iets glo. Ek is miskien meer robuust soos n goeie engelse ontbyttee, met warm tannien- gedrewe, maar sag in die kern. Ons werk saam – sy n oud onderwyseres; ek n entrepreneur vir jare al- maar nou werk ons saam in ons opleidingmaatskappy. Ons deel n passie- opleiding, en beide het n soort koesterende persoonlikheid- ons geniet dit as mense suksesvol is. Ek mentor Kimberly om die besigheid oor te neem na my aftrede en sy gee my die gemoedsrus dat my ‘baba’ in goeie hande is. Ons kan ure na musiek luister en ons doodlag dat ons ‘playlist’ byna identies is. Ons lag oor die simpelste goed en verstaan mekaar se sin van humor. Ons kan soms net na mekaar kyk en uitbars van die lag. Die sagte krummel textuur van n scone pas ons albei goed- nie een is perfek, maar saam is ons n gedugte kombinasie. Ek is miskien die aarbeikonfyt wat al n bietjie verouder is, pitte het van die jare se dra, maar tog die soetheid het van die wysheid van tyd en die lewe. Kimberly is die vars room- die vars uitkyk op die lewe, die opwinding van nuwe uitdagings aanpak. Ek verlustig my aan haar lewenslus en entoesiasme. Ons 2 stap al 35 jaar n paadjie saam!

Antwoord 2: Hartseer en moeilike tye: Daar is n paar: Toe Kimberly 3 jaar oud was, is ek gediagnoseer met n brein tumor. Ek bid net dat ek my toddler tot in matriek kan kry. Gelukkig het alles goed afgeloop, maar my huwelik was op die rotse. Kimberly se pa was n afwesige pa en ons 3- sy, haar broer en ek, was n driemanskap vir baie jare. Ons was baie geheg aan mekaar en het alles saam gedoen. Ek is eers 8 jaar na my egskeiding weer getroud. Sy en haar stiefpa het n hegte verhouding opgebou. In 2017 is ek weer met n gewas gediagnoseer – die keer op my spinale koord- dieselfde sjirurg opereer as in 1993. Weer geseen met n sukses! Ek mis Kimberly se gradeplegtigheid want ek is plat op my rug in die hospitaal. Maar ek het lewe en n toekoms. Ek dink tog die gebrek aan n goeie pa figuur in die eerste 13 jaar van haar lewe het n invloed gehad op Kimberly. Haar keuse van mansvriende was nooit werklik my keuse vir haar nie, maar ons het haar haar eie besluite laat neem. Toe haar eerste kerel haar hand vra{ terwyl sy nog op Universiteit was] het ons op n mooi manier nee gese en gevra hulle moet wag tot sy klaar gestudeer was. Kimberly was so kwaad vir ons! Vandag lag ons lekker daaroor. Nog n twyfelagtige verhouding het skipbreuk gely tydens Covid. Kimberly het een aand – toe die aandklokreel nog ingestel was- teen die reels aangery gekom, met Chihuahua, n swart sak vol klere en n handsak oor die skouer. I’m done was die aankondiging! Ons lag nou nog oor daardie gesig ook! Vandag is sy gelukkig getroud met Sean en is al die drama sekerlik verby! Nou wag ons geduldig vir n kleinding. Kimberly het nog altyd geweet dat ons daar is vir haar- for better or worse!

Antwoord 3: praat met mekaar deel met mekaar lag met mekaar moenie geheime he nie as ma en dogter nie mekaar kan vertrou nie is dit n hartseer dag emosionele ondersteuning is so belangrik aanvaar mekaar se individualiteit respekteer mekaar maak tyd vir mekaar- pedi's , shopping, roadtrips