
Dorp: Kaapstad
Antwoord 1: My ma is my beste vriend.Dit bedoel Ek letterlik. Sy is my toekomstige “maid of honor “ want sy verdien daardie rol deur en deur. Ek gaan na haar met al my probleme van werk na liefdes teleurstellings. Sy gee altyd vir my goeie raad en haar response se oorsprong is altyd uit ñ Christlike standpunt. Sy glo vas Niks kan jy deurmaak as jy nie die Here as jou centre het nie. Alles wat Ek deurgaan goed of sleg die eerste persoon saam wie Ek dit wil deel is my moederhaan (my noemnaam vir haar) Alles wat Ek graag wil experience , sy moet aan my sy wees. Moet my nie verkeerd verstaan nie sy is nie een van my “little friends” nie sy weet wanneer Ek boundaries oorskrei en sy Sal my laat verstaan . Op my ou ouderdom van 29 is Ek steeds bang vir my ma en wil haar nie teleurstel nie. Ek is wie Ek is as gevolg van haar en as Ek die helfte van die Vrou kan wees wat sy is Sal Ek gelukkig wees. Want om so ñ sagte Vrou te wees wat sterk staan in haar geloof en waardes verg baie.
Antwoord 2: My ma het haar oudste seun verloor in 2021. In hierdie oomblik moes Ek sien hoe my sterk gelowige ma se geloof sterk gestaan het. Dit was amazing om te witness hoe sy deur haar healing process gegaan het sonder skaamte en sy was steeds teenwoordig om ñ goeie Vrou, ma, ouma, dogter, suster en vriend te wees. In hierdie oomblik het sy bewys dat met ñ sterk believe system kan jy alles deurmaak.
Antwoord 3: Respek mekaar. Staan op waardes jou ma Sal jou nie verkeerd lei nie. Sê daagliks vir mekaar hoe Lief julle is vir mekaar. Gee vir mekaar drukkies en soentjies al is julle hoe oud Spend time with each other do things together and talk if something bothers u.