Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Corlia Greyling

Corlia Greyling

Dorp: KIMBERLEY

Antwoord 1: Elke dag streef ek "Om te blom waar jy geplant is" in hierdie lewe. Iets wat sy my leer en waaraan ek vashou nog elke dag.Haar sagte hart & mooiste manier van gedrewe wees. Sag , maar tog ferm , om te blom al is dit soms nie jou seisoen nie. Behalwe dat sy my beste vriendin is, is sy die mooiste mentor waarvoor 'n dogter kan vra & die spesiaalste is om nog elke dag by haar te kan leer in die manier van hoe ons , dink, doen & leef. Dis die grootste voorreg & seën om 'n spesiale verhouding te kan hê tussen 'n ma & dogter.

Antwoord 2: 'n Rugbesering .... nie haar rug nie , maar myne, dit het my hart , lewe en moed gebreek,maar sy het staande gebly vir my.Op die jonge ouderdom van 28 jaar oud met 'n 10 maande oue baba dogtertjie het ek in die hospitaal beland met 'n ernstige rugbesering. My ma moes beleef hoe dit fisies onmoontlik was vir my om voluit mamma te kan wees vir bykans twee en 'n half jaar maar sy was daar elke liewe keer daar om my skoene vol te staan as ouma en mamma toe ek nie kon nie.Sy het 'n traumatiese tyd baie sagter gemaak om te dra & ek is haar ewig dankbaar dat sy nog elke dag so sterk agter my staan.

Antwoord 3: Groei , leer en leef saam & bid vir mekaar. Dis normaal om verskille te hê. Ons is vrouens , wees altyd daar vir mekaar reg om haar of iemand anders se kroon reg te skuif & belangrikste van alles. Dat jy altyd moet weet waar jou krag vandaan kom. 'n Ma se GEBEDE kry jou deur die die lewe.