Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Meriza Swart

Meriza Swart

Dorp: Langebaan

Antwoord 1: n Spesiale verhouding tussen n ma en dogter was nog altyd vir my uniek en baie spesiaal. n Verhouding wat gebou is op liefde, vertroue en n goeie verstandhouding. Dit is n band wat versterk word deur gedeelde ondervindings, lekker saam lag en ook trane deel. En dit is presies hoe ek my en Ischke se verhouding sal opsom. Ons deel n onvoorwaardelike liefde vir mekaar wat onwrikbaar is. Ons deel geheime en vertroue wat niemand anders van weet nie. Ons ondersteun mekaar deur dik en dun, verheug ons in mekaar se suksesse, dra mekaar en inspireer mekaar wanneer dinge rof raak. Noudat sy volwasse is en getroud met kinders is ons mekaar se rolmodelle. Trots om te sien hoe sy dinge toepas wat sy by my geleer het en ook hoe sy as haar eie mens gegroei het. Ek leer net soveel by haar as vrou en mamma. Ons het lekker gebalanseerde gesprekke, respekteer mekaar se perspektiewe en deel glads in mekaar se stokperdjies. Heerlik om te beleef hoe ons verhouding gegroei en ontwikkel het tot n kosbare en pragtige vriendskap. n Pêrel wat ons alby koester en na aan die hart hou.

Antwoord 2: Die mees spesiale oomblik tussen ons moet die geboorte van haar dogtertjie wees. Om haar te sien n mamma word, hoe sy haar babatjie vashou en weet sy verstaan nou eintlik die band van n ma en dogter. Daardie oomblik voel soos die vol sirkel en mens kan dit eintlik nie in woorde beskryf. Dit het ons band onbeskryflik versterk en ons verhouding nog dieper laat groei.

Antwoord 3: Ons het defnitief geleer uit vorige misverstande. En weet nie een van ons is perfek. Maar ons het geleer om kalm te bly en jou emosies te beheer voor jy iets se. Ons probeer mekaar se perspektief verstaan want ons is verskillende mense en het altwee sterk persoonlikhede op ons eie manier. Ons verduidelik ons gevoelens sonder om te blameer en bring nooit ou koeie op nie. Gewoonlik is dit sommer gou opgeklaar omdat ons onmiddelik daaroor uitvra en kommunikeer. Om verskoning te vra is altyd die beste uitweg.