
Dorp: Brakpan
Antwoord 1: Ek en my dogter Simoné is so lief vir mekaar. Dit voel soms of ons telepaties aan mekaar vebind is. Ons kom baie goed oor die weg. Ons praat daagliks met mekaar oor die foon. Ons geaardhede is ook baie dieselfde. Ons is albei so ongelooflik lief vir mekaar en vir ons gesinne. Ons is so lief vir ons honde. Hulle is soos familie. Simoné en haar man Michael het nou ook 'n dogtertjie, Isla-Maé en hulle is so lief vir haar. Simoné hulle het 6 jaar vir haar gewag. Sy kon nie swanger raak nie. Ons was almal so dankbaar toe hulle die nuus met ons deel daar is 'n klein babatjie oppad. Ek het letterlik die swangerskap saam met haar deur gemaak. Sy was by die hospitaal waar ek werk opgeneem tydens haar swangerskap. So ons het mekaar daagliks gesien. Ons het net verskillende beroepe gekies. Ek is 'n verpleegkundige en sy is 'n oderwyseres. Ons werk dus altwee met mense. As ons 'n krisis beleef dan is ons daar vir mekaar. Ons is so aan mekaar geweef dat ons altyd aan mekaar dink en ook baie vir mekaar omgee.
Antwoord 2: Op die foto is Simoné swanger met Isla-Maé en ons is op haar baba tee die 8de November 2025. Isla-Maé moes in Februarie 2026 gebore word maar het onverwags in Desember 2025 haar opwagting gemaak na Simoné se bloeddruk baie hoog was en daar nie vrugwater was vir Isla-Maé nie. Teen alle raad van spesialiste wat voorgestel het hulle moet die swangerskap beëindig want Isla-Maé is te klein om te oorleef het Simoné en Michael besluit om haar 'n kans te gee. Natuurlik met soveel gebede wat vir hulle gebid is. Ek as mamma van Simoné het so vir haar gebid wat na soveel jare swanger was en die swangerskap was so gekompliseerd en toe moes sy en Michael nog die moeilike besluit maak. Isla-Maé is 18 Desember 2025 gebore en het net 'n skrale 630 gram geweeg. Dis nou al 1 maand en 9 dae verder. Sy is 'n vegter. Isla-Maé is nog in NNICU en op die oomblik baie siek na sy 'n laparotomie gehad het en haar ou liggaampie nog nie weerstand opgebou het om infeksie te beveg nie. My liewe kind staan elke 2 ure op om uit te melk sodat wanneer Isla-Maé gesond is daar genoeg borsmelkies vir haar sal wees. Ek so trots op haar wat terug gegaan het werk toe toe die skool begin het omdat haar kraamverlof eers 1 Februarie 2026 begin. Ons het geleer om te bid en dankbaar te wees teenoor ons Liewe Vader en om Hom te loof en prys en onvoorwaardelik te glo tenspyte van die situasie waarin ons, ons bevind. Om het geleer om so dankbaar te wees teenoor ons geliefdes en vriende en familie wat so getrou saam ons bid in hierdie stressvolle tyd. Ek en Simoné is ook nader aan mekaar want vir die eerste keer weet sy ook hoe lief jy jou kind het, noudat sy 'n mamma is. Ek dink ons verhouding is baie spesiaal. Ons moes ook leer om Isla-Maé in die sorg van dokters en verpleegkungies te los. Glo my ons moes albei so baie leer uit hierdie situasie. Ek as mamma van Simoné en Ouma van Isla-Maé en Simoné as nuwe mamma, wat nie in haar wildste drime gedink het haar swangerskap en lewe gaan so verloop nie.
Antwoord 3: Ons dink wees lief vir mekaar. Sien mekaar se foute raak en aanvaar dit as deel van wie ons elkeen is. Dit maak ons uniek. Ondersteun mekaar en gee raad as moeder maar staan ook terug vir jou dogter om haar eie besluite te maak en daar uit te leer. Doen alles in geloof en dien die Here. Dit maak al die moeilike dae net so bietjie makliker.