Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

McKenzie Schlebusch McKenzie

McKenzie Schlebusch McKenzie

Dorp: Pretoria

Antwoord 1: Ek dink elke ma en dogter verhouding is anders. My ma het groot geword in n omgewing waar sy nie die beste verhouding met haar ma gehad het nie en toe sy geseën word met haar eie dogtetjie wou sy n verhouding skep waarvoor sy al die jare gesmag het. Vandag is my ma my grootste ondersteuner, grootste skuids regter, en my heel beste vriendin in die wêreld. Soos elke verhouding daar buite verg dit tyd en moeite maar elke oomblik saam my ma is vir my net onbeskryflik. Sy is die eerste en enigste persoon wat my 100% sal ken en altyd net die beste vir my sal wil hê. Sy is ook wel die persoon wat die hardste waarheid altyd sal gee en so my beskerm van tye wat nog nie vir my beloon word nie. Sy is die sterkte vrou wat ek ken en in my opinie die heel beste rol model waarvoor enige jong dame voor kan hoop. Ek dink die liefde wat ek en my ma het vir mekaar is baie dieper op baie meer vlakke omdat n mens mekaar leer lief het op die beste en slegste tye en steeds kies om daai persoon te aanvaar met al hulle kwale.

Antwoord 2: Soos wat n kind ouer word begin hulle maar die waters biejtie toets, en soos alle kinders het ek gereeld die waters met my ma getoets en haar gereeld op haar tone gehou deur my geoot word dae. Deur daai tye het my en my ma se verhouding ongeloolfik versterk want ons het geleer ons kan met respek vir mekaar sê wanneer sekere goed die lyn oortree het. Met dit het ons verhouding verander na n groot mens ma en dogter verhouding toe wat ek dink eintlik die langste fase van dit sal wees, die kinder verhoudings hou maar mos eintlik nie lank nie en dit gepaardgaande met terrible 2's, 4's, en tienerskap. Ek gaan erken ek het al seker my ma n paar grudge hare gekos maar deur elke oomblik het sy elke keer my deur die situasie gelei en ekt altyd n less daaruit geleer, goed of sleg. My en my ma se verhouding het al baie dips gevang in ons tydperk maar elke keer het dit ons versterk en elke party meer geleer oor die ander.

Antwoord 3: Hanteer mekaar soos vriendinne en hê mekaar lief vir Wie daai persoon is. Die Here gee jou net een dogter in leeftyd en daai verhouding is een wat jou kan maam of breek. n Ma in n kind se lewe is n 'constant' maar daai verhouding is die een wat die meeste gekoester moet word. Geniet elke oomblik wat jy het met daai persoon, ma of dogter, wat hulle gaan jou beste vriendin raak en jou seker die meeste in die lewe kan leer.